file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #38049 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek het ook daaraan gedink Ralmarie maar nou weet ek nie of my tande net snaaks is of byt ek op hulle nie dis nou n mystery

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38038 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ai Elise, dalk moet jy met 'n mondskerm slaap soos wat die rugbyspelers dra. ;)
Dis nie lekker as mens nie lekker voel as jy swanger is nie.

Gerne dis so lekker as baba skop. Moet se dis nou elke dag wat ek hom voel en geniet dit vreeslik. Selfs die kinders begin nou met baba praat. :laugh:

Ek het met Suzaan 'n Siamese kat gehad wat ek moes weggee. Sy was so jaloers. Sy het haar kombersies probeer uitmekkar trek en het bo-op haar gaan le. Dit was nogals erg, want ek was lief vir die kat maar nou ja mens se kinders kom eerste. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38005 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
more julle

hoop julle almal het 'n lekker nagrus gehad. ek het gisternag gevoel hoe boetie opskuif - of die baarmoeder seker :). Dit was so amazing, toe ek wakker word staan my maag sommer so punt na links net onder my naaltjie, toe ek voel kan ek die knop voel en onder waar hy was is sag. so hy beweeg op! het nog nie weer 'n skop gevoel nie so sal kyk of ek reg is as hy weer skop!
Ek geniet hierdie swangerskap so vreeslik, dit is amazing hoeveel slimmer mens is met nr 2. met die eerste baba worry jy heeltyd as jy iets voel en nou ervaar jy alles anders, jy weet wat gebeur en voel dit duideliker! amazing man!

Petro, ek is mal oor daai beddegoed! dit gaan so mooi by julle pas. Darem vind jy een van die dae uit ne!

Carmen, jou kamer klink net so mooi!

Ralmarie, die fotos lyk te oulik!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37993 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Hey almal ek is so jammer dat ek bietjie stil was ek het vir 2 aande niks geslaap met die flippen tande van my nie en dan is ek so moeg in die dag dat ek kans sien vir niks selfde het gister aand niks geslaap nie en raak nou gatvol hier voor maar ek begin wonder of ek nie op my tande byt in die aand nie want my tande is net in die nag seer in die dag weet ek nie eens van hulle nie. Maar verder gaan dit baie goed babsie begin nou al hoe harder skop maar kan party dae lekker stil wees tot sy pa by die huis kom en aan my maag vat of net hallo se dan skop hy of dit uit die mode uit gaan kan dit nie glo nie so asof sy weet die is my pa jipeeeeeeeeeeeeeee lekker funny.

Ek het gister aand van baba gedroom en het gedroom sy word die 13de september gebore sy het 3.4kg geweeg en was 54cm lank nadat sy gebore was het sy gehuil tot waar manlief haar vas gehou het toe bly sy sommer stil. kan julle glo dat mens so iets tot op detail kan droom?

Ek is so bly die vrydag en manlief werk nie more nie so jipeeeeeeeee baby shopping on the way dit was mos pay day nou kan pappa weer lekker baba goed koop

Ek sien julle praat so baie oor diere ek wil nou nie n pooper wees nie maar ek is glad nie n diere mens nie diere is vir my pragtig maar ek wil hulle nie vir myself he nie en ek en manlief is altwee baie alergies vir katte

hoop julle almal het n wonderlike daggie :silly:

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37956 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Jippiee!! Dit werk.
Almal is nou wel nie ewe groot nie, maar dis ok. :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37951 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ok, nou om te sien of hul langs mekaar is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37943 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Nous dit weer ek wat my fotos toets.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account