file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #8240 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
happy girl. as jy by jou due date kom dan vra jy jou dr om jou net 3 dae te gee. my dr gee 3 dae na datum en doen dan induksie. teen daai tyd gaan jy so gatvol wees, jy gaan sommer vra vir induksie!!

as ek so terug dink aan ons posts, het ons aan die begin lekker gekla, nou is daar nie veel klagtes nie, met die 3de trimester gan ons weer begin kla!! dan raak dit vrek ongemaklik.

ek het ook nog nie die dvd nie, en oorweeg nou om dit te kry. jys nog glad nie te ver nie. dit sal baie interessant wees, veral met 1ste swangerskap.

ek en my man het altyd 'baba vergadering' in die baba kamer gehou. ons het dit so genoem, want hy kon my altyd in die babakamer vind en dan sit en gesels ons daar vir ure.

gerne, n vriendin van my het dieselfde as jy gevoel oor die kamers, maar toe net voor haar baba kom besluit sy om ouboet se kamer die babakamer te maak en ouboet na gaste kamer te skuif. hy het nou n dubbelbed in sy kamer en as gaste kom slaap hule in sy kamer. hy slaap op bed in sussie se kamer. (in my geval sal hy by ons in die bed slaap).

ek weet nie waar my baba gaan nie. ons het 3 kamers, maar die 1 is kantoor. so daar is net 2 slaapkamers. ons het n kingsize bed gekoop, ek dink al die kids moet maar net in die bed gaan. ek weet glad nog nie. shit julle, ons huis is te klein.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8235 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
CARMEN waar is jou bellie pic en jou ticker?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8226 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Carmen

Ek wil natuurlik glad nie n keiser he nie ek wil nie 3 en 4 dae na babsie nog in die hospitaal bly nie en ek is glad nie n vir operasies nie ek gaan eerder met die pyn as wat hulle my met messe oop sny glad nie tenginste daarvan nie en ek dink die hele normale ding moet nogals n ervaaring wees en ek dink jy kry dalk bietjie meer support en liefde van hubby af :silly: :kiss: :woohoo: :lol: :P :laugh:

Ek kort nog die pram en die dra stoeltjie het n nice 1 hier by ons plaza gesien maar ek dink hy kos R2500 en kyk ek haal dit nou nie uit my gat sak uit nie my pa het n camp cot gekoop toe ek die vorige keer swanger was so ek het hom darm hoef nie 1 te koop nie,

Jy moet as jy groccery shopping gaan doen die einde van die maand dan maak jy soos ek koop so R200 se goedjies soos cream shampoo olie net om n begin te maak ek wil nie na die baby shower nog worrie o hel maar ek het nie genoeg van die of ek het nie genoeg van daai nie eerder te veel as te min en dan kan jy R200 skelm sneak vir n paar klere stukkies ook

Ek gaan kyk more is payday vir manlief dalk kan ek sommer more daai dvd order :whistle:

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8201 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
:unsure: Hi Elise

Eish, ek gaan eerder dit pynloos doen, dankie, ek voel ek doen klaar my deel met normaal, ek wil nie nog doodgaan van die pyn nie!! :dry:

Ag jong, ek het nog nie 100% my mind opgemaak nie, so ek sal maar kyk hoe gaan dinge nader aan die tyd! Meeste van my pelle het keisers gedoen en dan het ek so 2 of 3 wat normaal mer epi gegaan het en natuurlik het almal goeie goed te se oor albei?? :S

Ek sien nou vreeslik uit om kleertjies te begin koop, jy maak my sooo lus!

Maar daar moet nog baie geld gespaar word vir al die nodige goed soos pram en cot en al daai dinge! Never mind die geld wat ek moet spaar as ek nie salaris kry nie!

Dis nogal scary stuff!

Die In the Womd dvd vat dit regdeur jou swangerskap tot by geboorte ens, en dit leer jou baie dinge. Dis die National Geographic DVD en die images is amazing, so ek dink hubby het nie 'n keuse nie!! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8139 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen hoekom met epiduraal dis mos nie heeltemal normaal nie? Ons is vrouens nie pissies nie of hoe? Praat ek nou lekker groot mond ne ek is net so bang vir die normale geboorte aangesien ek nie weet wat om te verwag nie ek meen ek is 90% van die tyd alleen wat maak ek is ek in kraam gaan all alone? O ja en iets wat my pla is my gynae glo nie daarin dat jy verby jou due date gaan nie as jy nie in kraam gaan soos bv 30september nie doen sy daai dag induksie en ek wil dit nie juis he nie wat dink julle daarvan?

Was henko normale geboorte met epiduraal Gerne?
Dankie Carmen ek gaan kyk of manlief daai dvd vir my sal koop glo nie dink hy gaan se eks nou al bietjie ver moes dit vroer gedoen het!

Gerne my man is besig om die baba kamer stuk stuk reg te kry hy is baie handig met sy hande so hys besig om n bunk bed te bou wat bo die bed is en dan onder gaan hy n laai kas vir baba in bou en dan wil hy 1 van daai compactums koop wat onder die bed in en uit kan skuif so ek is nogal opgewonde om te sien hoe dit gaan lyk as hy kla is met die hele storie. Die baba klere ding jap ek het n laai kassie wat 6 laaie het waarvan 3 vol klere is 1 het haar kombersies en waslappies in die ander 1 het goed soos winnie the pooh wall stickers en animal boeke en storie boeke maar ek sal ander plek vir dit moet kry want daar is nie meer plek vir klere nie waar sit ek al die baby shower klere? Ek het die naweek by toys r us 88 huggies newborn doeke gekoop met 144 wipes vir R120 maar omdat ons by discovery is kry ons dit teen R108 ek dink dis cheep en dan het ek 88 pampers doeke ook en ek gaan lap doeke gebruik so ek dink dis genoeg weggooi doeke vir die eerste 3 -4 weke net om eers daai vuil bollie uit haar magie te kry?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8092 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Gerne

Jip, ons het ook net 3 kamers en nou gaan die gate kamer moet plek maar vir babakamer want die nader kamer is 'n studeer/pak alles wat jy kan kamer!! Dis gholfstokke en alles daarbinne :( So ek gaan maar net eenvoudig moet plek maak!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8047 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Carmen
Hoop jy voel beter deur die dag, gaan kruip maar vroeg in vanaand.

Die lekkerste deel is om baba se kamer te doen, en die keer weet ek nie of ek enigsins 'n baba kamer gaan maak nie. ons het net 3 slaapkamers in die huis en kry BAIE gaste, so die spaarkamer gaan 'n kot in kry? waar gaan die mense slaap? ai

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account