Hi girlie wirlies!!
Sjoe, ek lees my dood hier, ek ek kan nie altyd onthou wat almal se nie, verskoon maar!
Ek is vandagbaie moeg, ek het regtig sleg geslaap gisteraand, kon nie lekker le nie! Ek slaap mos maar nog altyd op my maag, en nou moet ek op my su slaap en dis nie so lekker nie!
Elise, jy bestel die DVD deur Kalahari, dit gaan jou R156 kos met aflewering ingesluit.
Ek sal baie graag na die Baby Expo wil gaan!!! Ek hou nogal van Ralmarie se idee dat ons 'n klomp van ons gaan, kan ons net sowel mekaar erens ontkoet en bietjie "face to face" gesels!
Ek het sover nog net 'n paar pakke doeke gekoop en "n Angel Monitor en een van daai Tommy Tippee doek houesr goete. So ek het nog BAAAIE om te koop, maar ek sal eers klere koop as ek weet wat dit gaan wees! Asook die kamer doen wanneer ek weet! Maar die kamer gaan in elk geval meet nuetraal wees...
Elise, ek gaan mos ook sover kyk of ek normaal kan gaan, met epiduraal natuurlik, maar ek sal nog besluit soos die tyd aangaan.
Ek sal foto neem van my maag, maar ek is bietjie baie oorgewig, so julle moet maar verskoon. My maag voel meer opgeswel as enigiets anders, maar ek dink daar begin nou ietsie vorm want ek voel nie meer so gemaklik soos altyd nie!
Ok, sien uit om weer te gesels!!