file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #7726 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
en my "magie" in die oggend
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7722 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
my seuntjie, gianluca
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7717 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
honde pantoffels
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7713 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
lekker warm aantrek... :lol:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7697 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
my magie in die aand. moet seblief nie lag vir die cammo outfit nie. :blush:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7649 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
more more girls, how goes it? my bediende was die vir twee dae weg en my lewe was 'n totale gemors. jis ek kan darem nie so sonder my regterhand oor die weg kom nie. is julle al besig om geld te spaar? die baby expo is van 13 tot 16 Mei by die Coca-Cola Dome en wou ek verlede jaar my eie gat skop omdat ons reeds alles vir my seuntjie gekoop het want omtrent alles daar was teen winskope te koop gewees. julle moet gaan draai maak, want mens kry soveel persente en testers en dinge dit is ongelooflik. die ingang is R50 per persoon, maar skaf vir julle 'n baba tydskrif aan en dan kry mens 'n kaartjie verniet vir of die 13de of die 14de. hoe dit ookal sy dit gaan 'n fees wees.

gerne, dankie vir die name, ek kom glad nie in pampers in nie en het nou offisieel moed opgegee. ek het die haar ding oor die pols gedoen met my trouring, maar my ring wil nie draai of van sy tot sy gaan nie, staan net stil. lyk my die baba besluit nog wat hy/sy wil wees. (",) ek stem saam oor groter klere koop vir kleinding. ek gaan so elke maand of twee deur my seuntjie se kas en kom op die "nuwe" klere af en dit is lekker as mens moeg is vir die klere wat hy het. weet jy dalk waar kan ek babygrows koop vir 12 tot 18 maande. dit is lekker om aan te trek vir nagklere en ek kry nerens nie. wow, prokureursorde? ek het 15 jaar vir prokureurs gewerk het my paralegal diploma sowel as my senior conveyancing diploma. goeie tye. ek mis party dae die opwinding, reg is nou maar een maal in my bloed. ek woon in germiston en is 'n voltydse ma. help my man so as ek lus is met bemarking, maar eintlik net 'n voltydse ma.

neln, laat ons weet wat is jou kleinding se geslag as jy klaar geloer het.

lily, jou baba is due op my verjaarsdag. ek hoop net nie my kleinding besluit om op my verjaarsdag verskyning te maak nie, want dat is ek vergete soos op valentynsdag wat my huweliksherdenking is. jou sonar foto is pragtig. ag tog, wens my 16 weke afspraak was al hier.

helene, welkom hier by ons moomies. lol... is dit nie sommer stukke beter as pampers nie? ag shame, ek hoop jou kleinman voel al stukke beter. ek stem saam met jou dat die eerste swangerskap anders is as die tweede een. ek voel partykeer dat ek hierdie baba afskeep. ek was op jou site en die babakos lyk baie lekker, ek het my man ook gewys en hy het nie veel belangstelling getoon nie wat beteken die antwoord is nee. het jy 'n stalletjie by die baby expo? indien wel sal ek dalk my man se arm kan draai om jou te ondersteun. lol... ek is nog hier jong, klou soos kak aan 'n wolkombers soos my ma altyd se.

happy girl, oh dear! die outfits is te dierbaar. ek sal eers wag tot ek bevestiging het oor die geslag voordat ek gaan shop. indien dit weer 'n seuntjie is, wat ek vermoed, gaan daar nie veel shopping wees om te doen nie. bummer! happy girl, vertel seblief wat het jy alles in jou baby pack gekry. ek is by fedhealth en kry myne eers in Junie, maar is so nuuskierig jy kan met my toor. jou magie is beautiful. ek sal my foto ook oplaai. julle moet net nie lag vir my cammo outfit nie. dis my gunsteling pj's. kleinding se bpm was 162 met die 12 weke scan.

carmen, bly jy is ook hier. hehehe, dink ons is nou amper voltallig. ek het ook die "In the womb" dvd en dit is nogal amazing. net die geboorte wat by my nie heeltemal akuraat was nie. lol... na 5km se stap dink ek ek is morsdood. jy het ongelooflik baie moed en stamina.

ralmarie, jy moet jou kids geniet. ek verlang baie terug werk toe, maar dan luister ek na my ma en vriende en dan is ek dankbaar ek is tuis. voel jy ook soms of dit meer werk is om by die huis te wees as by die werk?

hi christa, welkom, ek het gewonder waar jy is. oooo... klink vir my of jy een van die eerste mammas in ons groep gaan wees wat gaan kraam. dit is seker die amazingste tyd van 'n groepie soos ons, wanneer die mammas een vir een na mekaar hulle babas gaan haal. ek is al weer aan die einde van die maand so my senuwees gaan weer gedaan wees.

more more happy girl, geluk met jou 17 weke baba anniversary!!! more gerne, ja verseker is dit blerrie koud vanoggend. ek sit nog in my pajamas met my hondjie slippers. sal vir julle 'n foto post dat julle kan sien hoe lyk 'n tannie wat by die kus grootgeword het aangetrek in gauteng se koue.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7602 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello Maaikies

Hoe gaan dit, jissou ek sukkel lekker om iets gedoen te kry op die site vanoggend. wonder wat is dit want die res van my net is nie stadig nie, mmmmm :side:

Shoe, ek kan nie glo jy is al 17 weke nie, jy gaan vir baba LANK voor my vashou :) Nou besef ek eers - jou magie is eintlik klein vir 17 weke hoor. Jou bpm is elke keer hoog ne! sy is 'n bedrywige een.

Dit het sommer nou vinnig winter geword ne, dis baie koud vandag!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account