hi annelize. ek weet nie hoe jy onthou wat almal se nie. jy reply so mooi op elkeen se aanmerkings. Ek stem saam met jou oor die voltydse ma ding. dit is harder werk as kantoor werk. My bediende was self nie maandag hier nie, en ek moes weer heeltyd rond hol.
Happy girl, jy gaan nog daai kaste 100 keer oor en oor pak. met my seuntjie het ek ook gedurig die kaste reggepak en klere uitgesorteer ens. die ander se almal jy moet groter klere koop, dit is so ja, want by jou baby shower kry jy baie van die klein goedjies. want dit is die goedjies wat lekker is om te koop. kom ek vertel vir jou wat ek gedoen het. as jy jou persentjies kry en daar is lables aan, moet dit nie afhaal nie!!! gaan kyk mooi na wat jy werklik nodig het en gaan ruil dit om!! ek het regtig baie goed omgeruil vir lakens, groter klere ens. Dit voel weer van voor af soos shop, al verskil jy gee nie geld uit nie.
o ja, annelize, my besigheid is in die kaap. ek was laasjaar by die baby expo hier. maar die jaar is die nuwe baba 2 weke oud, so ek kan dit nie weer doen nie. lyk my ek is die enigste kaapenaar hier.