More almal.
Hoop julle het almal 'n lekker naweek gehad....
Meisiekink, ja ek is by Dr Slabbert. Hy is WONDERLIK! Daar is nog 'n FS net af in die gang van Dr Slabber. Ek was voorheen by hom maar sal hom GLAD NIE aanbeveel nie. Hy het ALLES verkeerd gedoen. Ek ken nog 'n vrou wat ook by hom was. Sy het 5 x KI's by hom gedoen. Als BFN...toe gaan sy na ander FS en 1ste KI was BFP. Ek het al oorweeg om hom aan te vat oor als, maar ai...nie lus vir daai drama ook nie....anyway!
Jame, jy mag maar moedeloos voel jong. Ons almal gaan deur die ups en downs. Ek en ML het ook maar besluit op die KI's ipv die ICSI (IVF sal nie vir ons werk nie). Ons kan 6 x KI's doen vir die prys van 1 x ICSI...my brein se net ek het 6 kanse teen 1....
Tintinkie, jammer om te hoor jul KI wat gekanseleer is. Ai, mens voel so magteloos as dit gebeur.
Wel, 1 week down, 1 week to go

Ek het nog GEEN simptome nie..weet nie of die 'n goeie of slegte ding is nie

Ek het myself oorvreet (daar is nie ander woord nie) die naweek

Hierdie week is dit weer gesond eet vir my