Hello dames!
Julle is darem vreeslik stil. So dan sê ek maar iets.
Welcome back Annie! Glad to hear that you're back on the horse. All the best for your upcoming AI - hope and pray that all goes well and that you get your BFP this time.
Hope83, bly om te hoor jy's weer positief en gereed vir die ding. Hou ons op hoogte. Bid vir 'n BFP vir jou ook!
Lagogies, jammer om te hoor dat jy die rondte ook moet uitsit. Gebruik maar die tyd om mentally en fisies bietjie te rus, alhoewel ek weet dis nie wat mens wil hoor nie. Hoop die maand vlieg vinnig om vir jou.
Nunukie, hoe het dit vandag gegaan met die KI? Bly om te hoor daar was een belowende follie!
AFM, vandag is officially CD1.

Laat mens nou kan bly wees daaroor... My CD10 scan is geboek, so nou is dit net 100mg Fertomid van Donderdag af en dan kyk ons wat gebeur.
Vandag was weer een van daai uitdagende dae waar ek voel of ek getoets word. Was die laaste paar dae ekstra broeis en meer emosioneel, en toe hoor ek vandag die 5de keer hierdie jaar dat 'n kollega van my swanger is. Dis haar 3de onbeplande swangerskap. Kan nogal so bietjie aan mens vat as jy nie jou kop regkry nie. My geduld en vermoë om met 'n goeie gesindheid hier deur te gaan word bietjie getoets, maar ek het besluit om nie myself te ontstel soos ek al in die verlede gedoen het nie. En dan is ek ook besig om 'n baby shower vir 'n ander kollega te reël. So tussen al die baba goed deur gaan ek net eenvoudig positief dink en fokus op die siklus wat voorlê. Voel sommer klaar beter nou dat ek dit uit my sisteem het.
Geniet die res van julle week!