Welkom mickymuismommy! En dankie vir die inloer Baby.
Jammer om te hoor van jou miskraam, mickymuismommy. Kan dink dat jy teen die tyd na ander opsies begin kyk, want 'n jaar is 'n lang tyd. Ek persoonlik sal dadelik gegaan het na 'n fertiliteits spesialis, eerder as 'n gewone gynae. My FS is wonderlik, maar ongelukkig in die Kaap. Van die ander dames wat vantevore hier saam gesels het en nou op die swangerskap threads is, het baie goeie goed te sê gehad oor Vitalab wat daar in jou geweste is.
Ek self was eers 4 maande onder behandeling by my gynae voor ek verwys is na my FS. Het vir my gevoel of dit 'n mors van tyd en geld was, want ek was 3 siklusse op presies dieselfde dosis Fertomid wat nie besonder goed gewerk het nie, maar gynae het dit nie aangepas nie. Eerste ding wat my FS gedoen het is volledige bloedtoetse van my en ML asook 'n sperm analiese vir hom. Toe het ons 'n lang gesprek gehad oor alle opsies en met 'n plan opgekom. My FS het die dosis verhoog en dit het definitief beter gegaan van toe af.
Weet nie wat Vitalab se pryse is nie, maar my FS en gynae se tariewe is basies dieselfde, so in my ondervinding spaar jy nie deur na 'n gewone gynae te gaan nie.
Hoop julle kan vinnig iewers regkom en hooplik wys dit geen probleme by julle op nie.
Baby, ek het self al 'n paar maande lank Inofolic gebruik, maar kon nie 'n verskil agterkom nie en ongelukkig was ek nog nie suksesvol nie. Dis nogal duur, so ek het op 'n stadium opgehou om dit te koop. Sal miskien dink daaraan om weer te begin, maar intussen gebruik ek Stamingro soos aanbeveel deur my FS. Dis goed vir mans en vroue se fertiliteit en blykbaar ook 'n goeie algemene multivitamien.
Geniet die laaste 2 daggies van die week, julle!