× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 7 months ago #256405 by HoopVirDieBeste
@Anzel - 'n mioom en ademioom is 'n vergroeisel in die uterise , as jy Dr Google vra kan jy uterine fibrosis gaan opsoek. Die ademioom is binne in die spierwand van die uteris en reg onder my blaas, sou hulle dit moet uithaal sal dit 'n gat los in my uteriswand wat lank vat om te genees, die gewone miome waarvan ek 'n paar het, is net in die 'lining'van die uteris, hulle is soortvan oppervlakkig en kan maklik uitgehaal word en genees baie maklik. Toe ek vir die toets gegaan het om te kyk of my pypies mooi oop is, het die FS ook gekyk of the ademioom drukking op die uteris blaas, wat moontlik kon verhoed het om swanger te raak. Gelukkig het die ademioom geen druk gewys nie en ons het dus besluit om eers te probeer swanger raak voor ons opereer... ons tyd is bietjie min want manlief het gister 49 geword en ek is al 38...so natuurlik het ons die gouste manier gesoek, na 'n operasie sou ons eers 4 maande moes wag! Die miome veroorsaak ook dat ek verskriklik pyn het gedurende AF en baie swaar ook... so na ons pienkvoetjie hier is, gaan ek dit laat verwyder en die Mirena insit...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256402 by AnzelMama12
HI, HVDB, Wat is miome en ademioom?? Skuus ek vra so, maar het geen idee nie!! :)

Ek wens al die tyd om vir die periode om weer te begin, want dan weet ek dis tyd om Fertomid 'n go te gee! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256382 by HoopVirDieBeste
@Anzel - My FS was bekommerd dat dit die miome wat ek het sou laat groter word, in teen deel, as ons nou onsuksesvol was sou ons eers weer geopereer het om die miome en ademioom te verwyder. Maar dit het niks aan die miome gedoen nie, hulle het nie groter geword en dit het ook nie die endomitriose laat op 'flair'nie. Op Femara het ons 1 eiertjie gekry en met Fertomid was ons gelukkig en het 3 gekry. So my persoonlike opinie het jy niks om oor bekommered te wees nie, onthou net dat elke liggaam verskil en het partykeer newe effekte waar ander nie het nie. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256377 by AnzelMama12
Dankie @ HVDB - Ek gaan dan aanneem ekt niks om oor bekommerd te wees nie. :) Dankie vir jou raad. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256376 by HoopVirDieBeste
@Anzel ek kan regtig nie sê nie, ek ws op Fertomid saam met Menopur, maar daar is niks wat ek regtig kan uitwys as newe effekte nie. Ek was so nou en dan bietjie opgeblaas, en het hier en daar 'n kramp of twee gehad, maar niks wat ek regtig kan sê is abnormaal voor O nie... ek het ook so 1 of 2 keer 'n kopseer gehad wat ook nie vir my abnormaal was nie. So ek kan eintlik nie vir jou sê nie want ek het regtig nie eintlik newe effekte dan gehad nie... :) :side:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256365 by AnzelMama12
@Hoopvirdiebeste - Ek begin mos ook 'n week of wat met my Fertomid 100mg. Is daar enige newe effekte?? Soos kopseer of nie lekker voel nie?

Ek gee klas by 'n Kollege en dis terrible om daar voor te staan en praat en my kop voel of hy wil bars!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256355 by HoopVirDieBeste
@micheswarts3 - Ek het met my 1ste Fertomid behandeling swanger geraak en is nou 5 weke! maar ek moet ook sê dat ek dit gebruik het saam met Menopur

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account