Halloooooo julle!!
Ek is soooo jammer dat ek so uiters stil en skaars is. Eerstens was ek so horribly voldag besig met daardie aaklige eksamens wat (al het dit nie goed gegaan nie) darem nou
Verby is jay!! Dan het ek ook maar skuldig gevoel oor ek gelukkig was en daar mensies is wat so ongelooflik sukkel. Dis ‘n moeilike ding vir albei in so ‘n vriendskap of dit nou real life is en of dit in die kuberruim is. Soos ek vir Lagogies en StellaK gese het, vir my bring dit meegevoel en empatie by iets wat ek voorheen nie besef het so real en aaklig is nie. Dit is ‘n diepe dankbaarheid wat dit in my gekweek het en ja ek het in elkeen se storie belê en hoop netso hard soos julself dat elkeen geseend kan wees met ‘n gesonde babatjie. So het ek natuurlik gecontemplate of ek moet afgaan van die groepie maar ek het besluit nee, ek gee teveel om (het elke enkele boodskap van elkeen gelees en al het ek nie toe reply nie was ek saam hartseer, teleurgesteld, kwaad of gelukkig en excited!) so ek is nou maar bietjie hier om te bly al gaan ek dan dalk minder update wil ek graag weet hoe dit met elkeen gaan totdat elke liewe een daardie geluk kan ervaar. So, daar is dit nou
Wil darem net se jay Hopeful vir die pienk!! Soooo cute!!! En soooo bly vir jou!!!!!! Wanneer scan jy nou weer?
Bea sterkte met die ‘scratch’ hoop dit bring vir jul beter results!
Dellie, dit gaan goed hier ek het nie eintlik enige ware klagtes nie, maar net moeg en my rug begin dit nou voel –ouchie! Darem dra ek apparantly ‘klein’ so ek kan
Eintlik nog nie kla nie

dit gaan weldra opvang ek weet. Maar magie lyk nou oulik en mens kan sien dis nie net bietjie oortollige vetjies nie maar ‘n ware mensie
Inni pensie

ons sien weer more laatmiddag die dokter so sal dan weet of als nog mooi lyk en op track is. Verder beweeg die mannetjie baie oulik en lekker en sukkel
Ons nog vreeeeeeeeeeeeeslik met naampies ai ja jai ek glo maar dit sal kom met tyd. Is nou 24 weke more so tyd stap ook aan eish!!!!
Hoop julle het elkeen ‘n rustige en mooi daggie!
Liefde
xxx