Hallo Almal!
Naomi - ek is so jammer oor die slegte nuus. Ek is saam met jou hartseer. Groot drukkie vir jou
Zarah - dis wonderlik dat jou ML ingestem het om sy bonus te gebruik vir jul IVF! En Januarie is om die draai
Snoekie - so jammer jy is in so baie pyn. Hoop jy voel gou beter.
Bea - ek is bly die scratch het goed gegaan. Fx Fx dat jy gou 'n BFP sal kry!
Lagogies - kan nie wag om te hoor hoe jou scan gegaan het nie!
Debs - bly dit gaan goed met jou!
Bell@ - dis 'n perfekte follie! Ek hou duimvas vir jou!
Zettie - jy sien seker vreeslik uit na julle vakansie!
AFM - Ek was vanoggend by die dr vir my dag 12 scan - en hierdie keer het ek seker gemaak ek vra alles wat ek moet vra! My follies lyk pragtig - ek het omtrent 2 (dalk 3) follies aan elke kant wat vandag 15mm is (dr se dis reg vir dag 12). Dan het ek 'n paar follies wat tussen 11-14mm is. My lining is ook perfek is. Ons doen nie hierdie maand KI nie - eerder TI want sy voel dis beter. Ek moet Vrydag (dag 14 Ovidrel spuit)..Dan is dit woeker! EK het ook Utrogestan gekry wat ek van dag 14 moet drink.
So na omtrent Sondag begin my 2ww!