Hallo julle, skuus vas so bietjie MIA maar ek wou ook 'n slag bietjie nuus post.
Zettie, baie, baie jammer oor die BFN. Gaan julle nou oor na IVF toe?
StellaK, yippee vir die katoolsie van jou, moet nou asseblief nie die naweek jou hele maand se salaris op blou gaan blaas nie

.
Lagogies, jammer oor die naarheid maar jy weer darem daar's iets aan die gebeur. Voorspoed met jou heel eerster scan volgende week. En baie geluk met die huweliksherdenking.
Amandatjie, jammer om te hoor hy's nie op 'n lekker plek nie. Jy is sterker as wat jy dink, maar hoop die homeopaat help as jy besluit om daardie roete te stap, maar andersins lekker huwelik hou.
Ertjie, eks baie bly jy't goeie nuus gekry.
Bell, voorspoed met Vrydag. Hoop jy kry goeie nuus.
Bea, ek's bly jyt lekker met jou FS gesels en dat julle nou besig is met 'n nuwe plan van aksie. Ek hoop die nuwe meds stimuleer jou sommer lekker.
Zarah, hoe gaan dit met jou.
Chrizzie, geniet die twee maande vakansie, as jy jou oe uitvee dan's dit alweer Desember en tyd vir FET.
Andie, hoe gaan dit en enige nuus van jou kant af?
Nella, Kayla en al die ander hoe gaan, eks bietjie agter met waar almal nou is, maar hoe gaan dit met julle.
AFM, ek gaan volgende Donderdag vir die histeroskopie en ons moet met kondome BD want dr wil nie hê ons moet swanger word nie - die bleddie man is mos optimisties ne. 'n Familie vriend word die naweek 60 so ek gaan nog vir die laaste kaperjolle hou Saterdag en dan's ek weer 'n kloosterkoek.