Zarah, ek weet dis moeilik - dis die mees senutergendste tyd! Maar dis nog net DRIE slapies, dan weet jy. Ek stuur baie positive vibes jou kant toe!! Sterkte man, dis erg. xxx
Lagogies, jy klink darem lekker positief - klink nie of die 2ww jou te sleg behandel nie - lol! Jip, onthou PUPO!!
Dankie Stella, hoop die tyd vlieg tot jou volgende scan.
Naomi, sterkte vir more. x
Dankie Hopeful! Ek kan ook nie wag om te hoor of dit pienk of blou is nie xxx
Debs, die tyd vlieg darem nou! Dit voel net soos gister wat jy begin TTC het. Jou magie lyk awesome.
Thanks Dellie en sterkte met hierdie aaklige 2ww. Ek is ook mal oor tuinmaak en hoe meer mens swoeg en sweet hoe beter - dis sommer BAIE goeie terapie - en help my BAIE!
Chrizzie, sterkte vir jou ook vandag!
Zettie, hoe behandel jou nuwe PVA jou? Wanneer gaan jy vir jou eerste sonar?
Hallo aan al die ander - Andie, Bell, Amandatjie, Kayla, Nella - kom update asb.
AFM: Baie dankie vir almal se wense - ek kan nie wag om te hoor watse graad en hoeveel selle ons ou embie is nie - ek is by een van die ander FS'e hierdie maand en het nog nie 'n update gekry nie - elke dokter het mos maar sy eie maniertjies.
Lekker dag julle! En dankie vir julle ondersteuning!