Naomi'tjie!!! Jou ou doring!! Ek is so bly vir jou!! Ek hoop jy het die beste, maklikste, gelukkigste pregnancy ooit!!
Hallo julle! Ons het laas week probleme met ons internet gehad by die werk en die week sales conference vir al ons winkel managers, maar hulle is darem nou vanoggend almal teruggevlieg waar hulle hoort so behalwe vir maandeinde is my tyd darem nou weer bietjie my eie.
Bea, ek weet ek is 'n week en some odd laat, maar ek is baie jammer jou IVF het nie gewerk nie. Sterkte met die hysteroscopy wat voorlê. Ek was gelukkig, hulle het sommer myne gedoen toe hulle my lap gedoen het so ek was onder narkose.
Hopeful, ek kan nie glo jy stap al aan na 12 weke toe nie!!

En Debs, jy is al verby 12 weke!! Waantoe hardloop die tyd?
Strikkie, my ou vriendin, ek was so hartseer toe ek jou post lees. Ons kom al so lang pad saam, ek wens amper harder vir jou as vir myself

Ek hoop jy kan deur al die emosies werk en dan op die ou einde die beste besluit maak vir jou en jou man.
Al die res wat ek nou nie op die naam genoem het nie, hallo!!
Niks nuus my kant nie. Sien uit na my volgende siklus sodat ons die bal aan die rol kan sit met IUI. Sal seker so om en by die 12de Augustus begin.