Hallo dames
Sjoe, ek lees al n geruime tyd jul "posts"
EK 29 ML30
My storie ook PCOS al 3.5 jaar terug gehoor was 1.5 jaar van Pil af voor ek vir behandeling gegaan het by Dr Colin le Grange (Ferti boost) sommer binne die eerste maand swanger geraak met n pragtige seuntjie wat nou 2.5 is.
Nou is dit natuurlik tyd vir nr 2... of al n rukkie, is nou reeds weer 9 maande van pil af met n baie ongereelde siklus was op fertiboost maar het afgegaan vir klein operasietjie ... is nou 2 maande weer op ferti boost en gaan weekliks vir accupuncture, so gehoop hierdie maand is dit so maar vanogend n toetsie gedoen en NEG...

voel maar goor vandag. Want steeds gebeur daar niks so my siklus defnitief weer heel deurmekaar. Het gynea gebel en hy sal pille voorskryf wag nog om te hoor wat hy wil voorskryf...
Hoe hou mens dit ek voel gedaan ... se gister vir my sus ek wens daar was n vergeet pilletjie wat ek kon drink dat ek glad nie so kom lees wat ander skryf nie en soek net nog en nog inligting en sukses verhale...
Sal intresant wees om te hoor wie van julle het accupuncture gehad en wat jul ondervinding was met dit ...natuurlik ook met Ferti boost.
STERKTE vir elke liewe een op hierdie blad....