× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 1 month ago #250622 by Jame
Lagogies nog net een slapie!!! Asb laat weet dadelik!

Nunukie, Maandag is om die draai!! Soos gesê jy nog glad nie uit die rondte nie. En ek bid dat jy jou BFP sal kry of die siklus of vgl een, en indien nie dat dat jy altyd berusting sal vind by die feit dat jy Sy kind is en daar 'n pragtige deel vir jou afgemeet is en nog soveel "bederf" id lewe vir jou wag. MAAR. Ek stem nooit is baie lang tyd en oor jaar of 2 of 3 voel jul weer reg vir die ding dan probeer jul weer. Jul is nog jonk. Daar is beslis nog tyd vir jul. BAIE ook. Is jy ok 1980 babatjie? Dis nou as jy nie BFP kry die rondte of vgl rondte nie, maar ek het snaakse gevoel van ernstige hoop oor dit. Dink aan jou jong!

Tinktinkie toets jy nie dinsdag nie? Iemand toets Dinsdag??? :unsure:

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #250619 by Nunukie
More almal

Meisiekind - dankie vir jou bemoedigende woorde :heart:

Ons het gisteraand bietjie gaan uiteet en lekker gesels. ML lyk en klink baie beter as gisteroggend :)
Gelukkig is ons altwee oortuig dat ons verhouding nog 100% is. Dit is net emosies en die familie gebeurtenisse wat hom (ons) nou onderkry. Ons wil verhoed dat ons opeindig waar die ander opeindig en dit is goed dat ons heiroor kan praat en dat hy dit met iemand anders wil deel. Hy gaan dalk vandag gaan koffie drink saam 'n leier in ons kerk, net om bietjie te gesels.

Ons het besluit dat indien ons nou 'n BFN kry, volgende siklus ons laaste probeerslag gaan wees. Ek het absolute vrede en rustigheid daarmee. Ek is regtig gereed om net "normaal" met my lewe aan te gaan. Ons stap hierdie paadjie al vir 7 jaar aan en af...en ek dink dit het nou tyd geword om na die volgende hoofstuk van ons lewe aan te beweeg....DALK voel ons ander oor 'n jaar of twee en ons probeer weer. Ek weet nie. Ek weet net dat ek VERTROU dat GOD beter weet en dat HY ons sal lei waar ons moet gaan.

Ek moet erken, ek voel vandag 'n bietjie emosioneel....My liggaam voel baie teer (kan nie 'n beter beskrywing gee nie) en ek voel net MOEG en LAM.
Dalk omdat Maandag naderkom....weti. Ek voel amper asof ek nou gereed is om op te gee, MAAR ek weet dat ek als wil doen wat ek kan en dink ek moet nog 'n siklus 'n kans gee....

Anyway, dankie dat jul luister en raad gee. Ons situasies is so uniek, maar partykeer so dieselfde...wat soveel troos bring dat ons nie alleen is en alleen deur moeilike tye gaan nie....maar soos hul see....what does'n kill you make you STONGER :woohoo:

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #250592 by Meisiekind
Nunukie, ek weet amper nie wat om te sê nie. Bly jy voel gemaklik om hier tussen ons jou hart oop te maak, want dit is in my opinie die beste ding wat jy kan doen. Al raad wat ek vir jou kan gee is, laat die vrede van die Here jou lei. Wanneer mens die regte besluit volgens God se wil maak (wat dit ookal is), voel dit altyd of daar vrede en rustigheid op jou neerdaal.

Jou man klink na 'n baie goeie persoon en ek haal my hoed vir hom af dat hy vanoggend so 'n groot stap gevat het. Die arme mans is ook eintlik maar net so in die ding soos ons, al voel dit nie so nie, want meeste praat mos nie. Hulle is eintlik vreeslik bang vir baie dinge, maar sal dit nie eers aan hulself erken nie. Ek het eendag iets gehoor wat vandag nog by my bly en dit is dat eendag wanneer ons oud is, of ons kinders gehad het of nie, gaan ons nog altyd net mekaar hê om saam met oud te word. So mens moet seker maak dat jy en jou man nie soos vreedelinge vir mekaar raak nie. Ek het beslis nie al die antwoorde nie - soos Jame ook genoem het, mens vergeet baie keer dat seks 'n belangrikke deel van jou huwelik is, wat in ons geval baie keer net gesien word as deel van die TTC proses. Jou storie inspireer my nou om bietjie meer aandag aan my ML te gee, want ek dink hy voel ook maar afgeskeep.

Dis moeilik wanneer mens jouself met ander vergelyk wanneer daar baie ooreenkomste is, maar jy moet vashou aan die feit dat jy en jou man deur God gelei word en dat julle nie regtig dieselfde paadjie as ander mense stap nie.

Dink aan jou en sterkte vir Maandag se toets! :heart: :heart:

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #250587 by Nunukie
Dankie Jame :heart:
ons toets Maandag

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #250586 by Jame
Ai nunukie, ek vra omverskoning nie dadelik besef jul probeer al vir 7 jaar nie. Maw jy ken al van breuk vat en terugstaan ens. Jammer jong.

Ek weet wel een ding jul het klaar met jul huwelik gewen. Die feit dat hy jou verras met blomme by die werk en met jou praat (al vat dit hom ruk, baie mans praat mos glad nie hartsake nie)en se jul moet gaan uiteet en verder daaroor praat sê vir my sy hart is op die regte plek en dat hy bai elief is vir jou. Ongelukkige man sou nie dit doen nie. So ek dink jy moet dit nou met albei hande aangryp, dis 'n geleentheid om die huwelik sommer weer op te bou en sterker ander kant uit te kom. Jul kan nou mooi beslluit oor die ttc ding en wat die beste vir MEKAAR gaan wees. Ek stem , julle het mekaar gekies en is deur God verenig, gee nie om wat gebeur nie, jul huwelik kom eerste.

Laat weet my hoe dit gaan jong.

Wanneer toets jy nou weer??

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #250585 by Nunukie
Hi jame - Dankie vir jou eerlike en openhartig terugvoer. Ek waardeer :heart:

Ja, die ttc pad is nie maklik nie. Ek dink mens is geneig om te dink ons drink die homornone, moet in en uit by FS, bloedtoetse en en en....en vergeet dat ML ook emotioneel geraak word. Dis asof my oe oopgegaan het na ons gesprek vanoggend... Hy gaan my nou uitvat vnd sodat ons kan gesels oor die ttc en besluit hoeveel keer ons dit nog gaan probeer...onthou ons prb al 7 jaar aan en af.....


Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.


Ai, dit help darem dat julle daar is om mee te deel en te weet mens is nie die enigste couples wat hierdeur moet gaan nie.

Ek lief julle somer meer vandag :heart:

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #250583 by Jame
Liewe Nunukie!

Julle is beslis nie alleen nie, en ek dink as almal so openhartig praat soos jy sal jy agterkom dat dit besonders algemeen is vir couples wat sukkel met ttc.
Ek het dit nie hier gese nie, maar een vd groot redes hoekom ek die call gemaak het om die frosties op hold te sit en vir 2de opinie te gaan, is omdat ek met eens net eweskielik besef het dat die storie harder op ML werk en ons huwelik werk as wat ek besef het. Selfs my ma kon dit sien, en sy het baie hard daai dag met my gepraat. was eers boos vir haar en toe besef ek sy is reg. Laat ek net eens terugstaan en alles in perspektief kry. Die hele ttc ding het verseker invloed op ons seks lewe (het al vergeet mens het seks sonder 'n trigger shot ;) ). Finansieel het dit impak, wat weer lei tot verdere worries en frustrasies en lets face dit ek dink 'n vrou op hormonale meds is nie enigiemand se maat nie. Wat ek wil se, jul is nie alleen nie. Ek dink ok die verduideliking wat jy vir hom gehad het is PRAGTIG!

Oor die ttc ding , miskien moet jul vir so paar maande breuk vat. Net relax en mekaar geniet?

Oor sy fam dinge. Ek dink regtig nie dit kan skade doen om berader te gaan sien nie. Indien nodig kan hy selfs 'n ou pilletjie dalk by gp gaan kry. Ek kom uit 'n fam met geskiedenis van depressie (nie kwaai nie, maar wel daar). En ek glo absoluut daarin dat daar tyd kom wat 'n pilletjie broodnodig is.

Sterkte jong. O ja maar Nunukie, jy is mos ver van uit die maand. Jy kan nog BFP kry wat dan daai worries en skuldgevoelens kan wegvat!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account