Tinktinkie, dink aan jou en voel saam met jou. Dit strike my ook eers die 2de dag na BFN.
LOL Jame, stem saam dat ons almal deur 'n vrot tyd gaan. Ten minste kan ons mekaar bietjie opbeur.
Vandag is ek juis in vrot bui.

Het gedink ek gaan vandag baie happy en opgewonde wees, want dit lyk baie sterk of OV vandag (of miskien laas nag) is vir my (CD19). Gisteroggend het ek en ML ons huiswerk gedoen, maar vanoggend kon hy dit nie manage nie en het ons na 'n ruk besluit om maar op te gee (en hy dink nie dit gaan werk later vanaand nie). Nou's ek so disappointed en kwaad dat mens so moet sukkel. Ek is nie kwaad vir hom nie - shame, sy ego vat seker maar 'n knou so onder die omstandighede al erken hy dit nie. Ek weet daar is 'n kans dat gister genoeg was, maar vir een of ander rede voel ek net gestres dat dit nie gaan werk nie. Seker maar ook omdat ek nog heeltyd dink dat dit die eerste keer in my lewe is waar ek 2 siklusse in 'n ry 'n kans staan op 'n BFP en ekstra seker wil maak dat alles reg is. Wys jou net dat al beplan jy alles so goed soos jy kan, jy nog altyd nie in beheer is.
En dan is daar natuurlik die mense by die werk wat so te sê daagliks vir my vra wanneer nr 2 kom...

Dis tog maar pynlik om elke keer 'n verskoning uit te dink, al gee ek so goed voor. Dit terwyl jy in jou binneste wil skree van frustrasie.
Skuus dat ek nou so afpak. Sterkte aan almal wat op die oomblik terleurstellings probeer verwerk - ek sal net-nou my kop oplig en aangaan!