Jame, ek gee glad nie om vir die kruisondervraging nie.

As ek iemand kan help om oor my experiences te praat, is ek maar net te bly. Jy mag dalk net meer info kry as wat jy verwag het.
Vir jare al het ek gedink dat ek die simptome van IBS het, maar nie veel daar omtrent gedoen nie. Laas jaar kort na ek opgehou het met die Pil (weet nie of dit toeval is nie), het my IBS simptome baie vererger en het ek ook nuwe simptome begin kry. Ek het veral baie sooibrand gekry en die gevoel gehad van 'n vreeslike kol op my maag. Huisdokter het my verwys na 'n chirug, wat 'n gastroskopie (kamera van bo af) gedoen het om te kyk wat aangaan. Hy kon niks fout sien met die maag kleppe nie en het besluit dat dit te veel suur moet wees. Sy voorskrif vir teensuur medikasie het natuurlik alles vererger, waarop sy reaksie was dat ek die dosis moes verdubbel. Ek het gedog ek is aan die brand daarna! Toe stuur hy my vir 'n barium sluk (x-strale terwyl jy sluk) wat niks opgelewer het nie. Die radioloog stel toe aan hom voor dat hy my verwys na 'n gastroentoloog vir 'n pH en manometrie toets. Lang storie kort, hulle druk 'n pypie in jou neus af tot by jou maag en monitor jou vir 24 uur (regtig nie 'n lekker experience nie). Kon niks fout vind nie. Na baie praat oor my simptome ens. het die gastroentoloog toe vir my gesê hy betwyfel die ander dokter se diagnose en is baie seker dis IBS wat net onverwagte simptome veroorsaak. IBS is basies 'n geval van die derm wat oormagtig saamtrek agv irritasie ens. In my geval sal dit partykeer heeltemal toe trek en nie laat gaan nie (ander mense sukkel weer met diaree agv te veel saamtrek en ontspan). Die excessive winderigheid in my maag het nerens om te gaan nie, want die derms trek toe, so dan stoot dit terug in my maag in, wat dan weer by tye die suur laat opstoot. Dok het toe Bevispas (Colofac) voorgeskryf vir wanneer ek dit nodig kry (maar ek wil dit nie gebruik wanneer ek TTC of swanger is nie).
So om jou vrae te beantwoord, ja, ek was al baie dokter toe. Die pyn is meeste van die tyd daar, maar dis baie meer so wanneer ek hormoon skommelinge ervaar (soos wanneer mens OV of AF kry) of gestres is. Dieet speel definitief 'n rol, maar ek sukkel nog maar om al die triggers te identifiseer en vermy. Graan, melk en suiker is definitief probleme vir my. Het nou in die laaste paar maande ook probeer om meer en meer stysels uit te sny (rys, aartappels ens), maar sukkel nog daarmee. Grootste probleem is ek weet nie waarmee om dit te vervang nie.
Ek vind dit baie interesant om te sien hoeveel mense met fertiliteits probleme, ook IBS het. Het al vantevore daaroor ge-Google en veral mense met PCOS het ook IBS (seker nie in alle gevalle nie). Laat mens nogal dink.
Miskien kan jy bietjie hoor by jou huisdokter oor jou vermoedens. Of andersins lees bietjie op oor IBS en doen wat ander mense doen - as jy beter voel dan sê dit iets.
Nunukie, Tinktinkie, jammer om te hoor julle sukkel ook met IBS. Julle noem van carbs / stysel uitsny - watter kosse sny julle uit en waarmee vervang julle dit? Bv, butternut is eintlik 'n stysel, maar het baie minder in vergelyking met aartappels, so ek eet dit nog. Dis moeilik om net 'n lys te hê van goed om uit te sny, maar nie van wat jy eintlik moet eet nie. Dieetkundige wat ek gaan sien het se plan het ook nie gewerk nie.
Nunukie, sterkte met AF. Bly om te sien jy lyk meer positief!
Tinktinkie, sterkte met die IVF, sielkundige ens.