Hallo julle!!
Goeie genade maar dis warm!!

Maar ek kla nie, ek is mos 'n somerskind!!
Twinkle, moenie dat Bytjie en Zarah se peer pressure werk nie hoor... Ek moet hulle twee gereeld regsien oor hulle so mense aanhits om te POAS

Maar ek hoop dat AF nie sal opdaag nie en dat ons Maandag oggend n lekker verrassing van jou af het as ons in log.
Bea, moet tog nie nou moed verloor nie vriendin!! Jy was nog heel tyd so positief. Daai follie sal nog mooi groei die naweek man!! Kannie wag om te hoor wat lewer jou scan Maandag op nie.
Nunukie, ek stem heeltemal saam. Om so elke maand op daai stokkies te piepie is net soveel met pressure as wat ons alklaar het!!
Iemand het gevra wat ons PVA nou is, maar ek kannie onthou wie nou nie. Vir nou moet ons maar net eers plan maak met DH se lae testosteroon vlakke omdat dit veroorsaak dat hy nie sperms produseer nie en dat die sperms wat wel daar nie, nie reg gevorm is nie en ook nie ordentlik kan swem nie. So vir die volgende 3 maande is hy op 25mg Clomid per dag en ons gaan ook vir hom Vit C, Vit E en Zinc pilletjies kry om saam met dit te neem.
En vir my... Ek het heeltemal opgehou met Folic Acid drink en vat ook al laaaaaankal nie meer 'n multivitamin nie. So dit begin ook more. Nuwe maand, nuwe plan.
So ons gaan maar net 'n homeplan hê tot einde April (ek het gedink ons moet maar weer daai SMEP probeer) en dan gaan DH weer begin Mei vir SA en testosteroon toetse.
Lekker naweek almal. Vanaand moet DH my see toe vat vir die sonsondergang. Mens het defnitief bietjie verligting nodig van die hitte!!