Môre julle, ja-nee kyk, lyk my ons almal se werk is mal besig. Ten minste kan ek hier by my rekenaar sit en aan neute peusel en vir 'n oomblik by Moomie inloer. My waarnemende baas wou ook nou weet wanneer volgende week is my prosedure sodat ons 'n ander belangrike vergadering kan reël. Toe moes ek eers vir haar verduidelik hoe dit werk... dat ek nie nou al kan weet wanneer die aspirasie gaan wees nie... ens. ens Sy het gelukkig verstaan.
Nunukie, ai daai lang siklusse maak mens moeg...
Bytjie, hoop nie AF laat jou te veel ly nie. Maar yay vir 'n nuwe siklus met 'n nuwe kans vir 'n BFP!
Twinkle... hahaha, mens weet nooit!
Zarah, sterkte by die werk, dink jy AF gaan kom sodra jy die pil stop? Ek het mos laas vir ewig gewag, maar as ek reg onthou het jy nie so lank gewag nie.
Lagogies, baie dankie... probeer dit rustig by die werk vat, volgende maand is dit IVF vir jou!
Andie, baie dankie xxx. Het jy en jou man al 'n nuwe PVA vir 2014?
Zettie, dankie. Hoop jy voel beter vandag? Het jy al begin met jou medikasie? Ek dink aan jou.
Klippie, hoe gaan dinge aan jou kant? Is jy reg vir Maart?"
Chrizzie, bly jy loer in.
Hallo al die ander dames, hoop julle almal het 'n heerlike dag!
AFM: Het vanoggend Pergoveris gespuit en begin met Cetrotide om ovulasie te keer - daai bleddie Cetrotide maak mos so 'n groot rooi kol wat jeuk. Scan môreogged 8h. Ek dink môre behoort ons 'n redelike goeie idee te kry van hoeveel follies is die regte grootte. GROEI FOLLIES GROEI!!!