Ek is einde Januarie 2012 van die pil af na ons besluit het om 'n krosie van ons eie te begin. Als het goed verloop met my maar geen swangerskap...toe gaan ek maar ginekoloog toe, eintlik maar net vir 'n jaarlikse check-up - teen daardie tyd het ons nog maar 5 maande probeer.
ML het op ouderdom 4 en 5 altesaam 3 operasies in sy testes gehad - 2 vir omdat hulle nie "opgetrek" het tot in sy buik en 1 daarna omdat hy "torsie" gekry het...waar die sperm-pypies knoop. Toe ek die ginekoloog daarvan vertel, het hy voorgestel ML gaan vir semenanalise.
Hy het my ook vir bloedtoetse gestuur en toe als normaal terugkom, toe gaan ML maar vir sy analise. Dieselfde dag bel die ginekoloog toe terug en sê daar was geen sperm in ML se monster nie. Hy begin sommer tor dadelik praat van donor gebruik en toe kry ek sommer 'n gly in die man. Was nie weer daarna by hom nie.
Hy het ons verwys na 'n uroloog, met dieselfde bevinding, en toe na 'n kliniek en ons is toe 2 maande later soontoe. Die FS beveel toe 'n testis biopsie aan om te kyk of ML sperm produseer en tydens die biopsie alle moontlike sperm te vat en te vries vir ICSI.
Ons moes spaar aangesien mediese fondse onvrugbaarheid mos as 'n kosmetiese ding beskou en dus niks betaal nie, en einde Maart 2014 is ML toe vir sy biopsie en hul vind toe niks sperm nie en ook nie sperm-prodiserende weefsel nie.
So nou is ons enigste opsie 'n donor. Ek is nie baie gemaklik daarmee nie maar ML sê hy wil my nie moederskap ontneem nie en hy wil tog so bitter graag 'n pappa wees.
So nou wag ons maar tot later in die jaar om finaal te besluit en dinge verder te vat.
En dis die storie. Jammer dit was so lank