× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Dames wat al lank hierdie paadjie stap

12 years 6 months ago #248004 by Bea
Maretha, ek is 'n groot voorstander van DHEA. Met my eerste twee IVF's het ek elke keer net EEN eiertjie gekry - ten spyte van sagte stimm die tweede keer. Ek het met DHEA begin en toe het ek drie eiertjies gekry (ek het die DHEA maar 3 weke gedrink). Met my vierde IVF het ek DHEA seker al drie maande gedrink - ek het toe 5 eiertjies gekry - wat baie is vir my as jy dink ek het by een eiertjie begin. Ek is nou al 'n hele paar maande op DHEA - drink drie per dag.
Jammer om te hoor van jou pyn - hoop dis niks ernstigs nie. Interessant oor die scratch op CD1.

Bytjie, Maandag is amper hier!!!!!!!!!!!!! Hoop jy kan ONTSPAN hierdie naweek.

Zarah, dit sukkel maar om die skaal te laat sak ten spyte van die dieet - ek moet ernstig begin OEFEN - ek het ook al ewig 'n verskoning - haha.

Lagogies, het jy al geswig en gePOAS?

Lekker naweek almal!!!

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #248003 by Maretha5
Hallo julle,

Vreeslik jammer ek is so stil - maar steeds lees ek al julle goedjies en dink aan almal van julle.

Na my laaste IVF wat nie gewerk het nie, het ek my FS gaan sien,en besluit om so bietjie te wag...ons sal nog so 1 keer probeer met IVF, want dis maar 'n duur storie soos julle almal weet. Hy het besluit om volgende keer my medikasie so bietjie aan te pas, en intussen het hy vir my DHEA gegee om te vat. Het enige van julle dit geneem? Gevoel dit werk? Blykbaar moet ek dit vir minstens 6 weke neem om te sien of dit 'n verskil gaan maak om meer folicles te kry. (ek kry gewoonlik max 5)

So, ek is bly ons het nou 'n plan om te volg, so vir die volgende 3 maande gaan ek net vergeet van IVF vir myself. Maar, toe het ek ewe skielik baie siek geword Maandag aand... ek het die vreeslikste buik krampe gekry dat ek nie eens kon loop nie. Ek was na my gewone gyne toe, en hy se dit lyk soos 'n erge infeksie. Hy dink dit gaan gepaart met Endometriose (alhoewel die FS gese het ek is in 'n baie vroee stadium, hy is nie bekommerd oor dit op die omblik nie). So nou is ek op Antibotica, voel vandag al beter. Maar ek is bevrees ek is nie seker van die diagnose nie. Ek het dieselfde pyne 'n jaar terug gehad, hulle het 'n LAP gedoen, en dit was vog wat vasgeker is, en moes die weefsel losmaak om dit uit te kry... wat beteken het die infeksie het my buise beskadig. Ek sal maar weer na die FS toe gaan om te kyk wanneer hy weer terug is.

Lagogies - ek dink so aan jou en hou styf duim vas! Wees positief - dit moet net werk :-)

Zarah - sterkte, ek glo ook dis beter om te praat oor iets, as om dit die heeltyd vir jouself te hou - dis hoekom hierdie Moomie blog vir jy so baie beteken, want dis mense wat verstaaan. Ek dink aan jou :-)

Bytjie - hoe gaan dit? Ek dink almal op die forum kyk op na jou, en dat ons weet wonderwerke gebeur nog elke dag.

Hope83 -baie welkom!

Bea - sterkte met die scratch. Wanneer gaan jy? FS het vir my aanbeveel om hierdie keer of Dag 1 van Menstruasie dit te doen. Hy se dit klink "Gross" maar partykeer is dit beter om te doen nader aan die tyd... ek sal maar sien :-)

Lekker naweek vir ALMAL!!

Me: 34

Jan 2013- Laparoscopy infection flues trapped
May 2013 - Laparoscopy tubes damaged
Jun 2013 - Laparoscopy to remove tubes but FS could save it, bad condition
Sep 2013 - IUI Menopur, Failed
Nov 2013- IVF Menopur, BFP - M/C 5 weeks
Feb/Mar 2014 - gonalF, failed
Apr 2014 - taking break
May 2014 - Laparoscopy
June 2014 - Oct 2014 - Trying naturally (small chance) before another IVF (if needed)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #248001 by Bytjie
More dames. Hoop dit gaan goed met julle op die lieflike Vrydag.

Zarah, partykeer moet mens maar volstruis speel. Geniet dit solank as wat jy kan.

Bea, sjoe begin jy alweer met jou siklus, voorspoed vir jou. En geluk met die dat jy so mooi hou met jou dieet, dis insperend.

Zettie, geluk met die siklus wat nou weer begin het.

Nunu, jy moet nie nou kom neuk met dieet nie, Paasfees is dan hier. Vat maar so paar dae vakansie van dietery af en gaan maar weer volgende maand voort :evil: Ek kan self nie wag vir die die vakansie dae om te begin nie.

Chrizzie, bly om te hoor dit gaan beter met jou en dat jy weer daaraan dink om te TTC. Voorspoed met die terugplanting van die frosties wanneer julle ookal gaan doen.

Lagogies, amper vergeet ek jou tyd is amper om POAS!!! POAS!!! POAS!!! POAS!!! :evil:

Hope, jou tyd is ook binnekort om. Ek dink geduld is niemand se vrind as jy besig is met TTC nie.

GENIET DIE NAWEEK DAMES..............................BE GOOD AND IF NOT TAKE PHOTOS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #248000 by Zarah
More almal!

Sjoe, dis baie stil hier?

Lagogies, gaan jy vroeer toets?

Bea, die tyd het darem gevlieg. Hier gaan jy alweer vir jou scratch! En well done dat jy nog so goed aangaan met jou dieet.
Ek is stuck soos n volstruis met my kop in die grond. Ek moet n begin maak maar het nie die krag nie. Met al my travels en emosies.. (verskonings)

Maretha, hoe gaan dit met jou? Ai, n BFN is so traumaties. Dink aan jou.

Alle dames, al noem ek nie al die name nie, weet dat julle sommer baie spesiaal vir my is!

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #247990 by Bea
Lagogies, aaaaaaamper tyd om te toets - sterkte, ek weet die 2ww is ERG.

Zarah, ek dink dis 'n goeie idee om iemand te gaan sien. Infertiliteit is 'n krisis in 'n mens se lewe en jy hoef dit nie alleen te hanteer nie. Laat weet as jy iemand gekry het. Dit kan net goed doen.

Hope, CD staan vir Cycle Day - so CD3 is dag drie van jou siklus.

Chrizzie, is daar enige nuus? Ai dis so moeilik, maar ek is bly jy het nog jou twee frosties - dalk is dit die Magic Two?

Zettie, sjoe dis erg. Wanneer sien jy weer die FS? Het jy al voorheen KI of IVF gedoen?

Nunukie, bly jy voel beter, hoop AF is sommer gou verby. Ek sien ook baie uit na die vakansiedae.

Bytjie, jy kan seker nie meer wag vir Maandag nie - ek dink aan jou!! Amper 12 weke!

Twinkle, jy's so stil, geniet jy nog jou breek?

Andie, hoop jy voel al beter, die lewe is regtig onregverdig en dit is beslis nie maklik nie.

Klippie, hoe gaan dit nou met jou? Ai man, ek dink so aan jou xxx Dankie vir die verduideliking oor die IMSI en PICSI.

Hallo Maretha, Slakkie, Sexy, Liefie en al die ander. Hoop dit gaan goed met julle.

AFM: Ek is nog goed aan die gang met die Low Carb High Fat diet. Dit is maar moeilik as mens vir 'n naweek weg gaan. Nou moet ek net begin OEFEN - dit is my groot tekortkoming. Ek gaan volgende week vir my "scratch" op CD22 - en dan is dit waarskynlik IVF die week daarna.

Lekker week almal - môre is dit Vrydag!

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #247989 by hope83
Goeie more almal,

Lagogies: dit kan jy weer sê. dit voel of tyd stil staan, probeer hard besig wees by werk sodat tyd vinniger kan loop. Maar besef nou dat wat my vorige fs gesê het dalk waar kan wees. Hy het vir my gesê en dit nadat hy vir my gesê het dat ek na n sielkundige toe moet gaan want ek is te emosineel hieroor: "jy jaag elke maand jou lewe om, stop en begin leef vir n slag".

Nunukie, ek is ook nie die geduldigste mens op aarde nie moet nie alleen voel nie.

Zettie, dit is seker n simpel vraag maar ek moet nog al die afkortings en benaming leer, wat is n CD3?

En dan is dit amper nwk, hmmm lekr.

Lekr dagie jule almal. xoxo :woohoo:

Me: 31
Hubby: 33
TTC since Sept 2009

2012 / 2013: Laparoscopy/Hysteroscopy/D&K -
Remove endometiosis

May 2013: IUI cancelled
Nov2013: IUI cancelled

Jun' 14: IVF - BFN
May'15: Ready for 2nd IVF....lets get started

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 6 months ago #247981 by Chrizzie
Lagogies, nog 4 slapies!

Nunukie, mens moet positief bly!

Bytjie, lekker om van jou te hoor en bly dit gaan goed!

Hope83, nou net 36 slapies voor jou besoek...

Zarah, lekker "kuier" in Upington. Ek dink jy het baie "guts" om iemand te gaan sien. Ek het dit ook al oorweeg.

Zettie, Bea, Andie, Klippie, Slakkie, Liefie, Maretha, Sexy, Twinkle en al die ander...waar is julle? Hoop dit gaan goed?


AFM: Ek is vandag op dag 28, maar weet nie of ek geovuleer het of nie. Ek dink na hierdie siklus gaan ek nie eens die Fertomid drink nie en net bietjie ontslae raak van al die hormone in my lyf. ML is baie traag om te praat oor wanneer ons volgende probeerslag gaan wees. Dink hy ook nog nie oor die slegte ervaring van Desember nie.
Dit begin my nou weer pla om iets te doen. Ons het darem nog twee frosties...

Hoop almal het 'n lekker aandjie! :heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account