Middag almal
Ek kom gee net gou terugvoer...
Gynie het niks oor my gewig gese nie

Vir 'n slag was hy actually nice, seker na ek hom vertel het van die tweeling en dat 4jr later ons nog nie swanger is nie.
Hy het my gevra hoekom is ek op die medies wat ek is, het aan hom verduidelik en ook dat ek weet hulle dek nie Laparoskopies nie. Hy het toe gevra nou wat van as ek een nodig het, toe se ek dan moet hy maar 'n kwotasie gee sodat ons plan kan maak om dit kontant te betaal!
Hy het toe 'n sonar gedoen, buite en inwendig, en 'n GROOT sist ontdek, +-10cm. So ja, dis seker die blerrie ding wat 'n blokkasie veroorsaak.
So PVA - twee maande op Femodene (die Pil), maar ek los die groot pilletjies en begin by die kleintjies. Moet hom oor 6 weke weer sien sodat hy kan sien of die Pil die sist kleiner gemaak het. Indien dit nie kleiner word nie, is daar twee opsies:
1) Groot operasie om die sist te verwyder, maar dan verloor ek 'n eierstok.
2) Kleiner operasie, amper soortgelyk aan 'n Lap, sodat hy die sist kan stukkend steek
Ons gaan Opsie 2 doen, hy probeer maar net help om dit deur die medies te kry. Gevoel ek kan hom sommer oopbek soen!
So ja, ek was skoon emosioneel toe ek daar uitstap, want hy was regtig nice en besorgd en ek weet hy wil help.
Beste van als is, en nou moet julle MOOI FOKUS: Vier jaar gelede, op min of meer dieselfde tyd, was ek ook by die gynie. Het ook 'n sist gehad wat hy eers behandel het met die voorbehoed pil. Was terug na hom en toe boek ons 'n Lap, wat gedoen is 3 Mei 2010. En 'n maand later in Junie 2010 was ek swanger.
Soooooo....ek hoop regtig hy kry my weer swanger!!!! Hy is nog van die ou garde.
So ek het ook nou weer 'n PVA, dit voel snaaks, but here I go again. Bid asseblief vir my, want ek kan nie weer dit volhou en nie swanger raak nie.