Lagogies, ek weet sommer die 2 gaan groei en 10 Maart gaan sommer vinnig kom!
Nunukie, Dr S is baie oulik. Ek het my 3 IUI's, 2 IVF's en Lap en Histeroskopie by hom gehad. Was so na 3 dae weer myself. Die wind wat hulle in jou inpomp is die ergste van als. Die snytjies is niks seer nie. Myne is nou na jaar amper nie eers meer sigbaar nie.
Bytjie, BFP!!!! So bly vir jou! Jy gee ons ander weer hoop!
Sexyhexy, sterkte met die sist. Dalk is die operasie net wat jy nodig het om weer swanger te raak!
Twinkle, geniet jou vakansie!
Zettie, Sterkte met die projek. Ek is ongelukkig klaar betrokke by ander projek.
Zarah, Ek weet die siklus is privaat, maar weet dat ons aan jou dink!
Maretha, 7 is baie! Sterkte vir môre!
nellak, sterkte met die nuwe siklus!
Lynkie, wat is jou pva?
Klippie, wanneer begin jy met stim?
Bea, ek dink elke dag so aan jou, want kan myself in dink hoe jy voel!
AFM: Ek is op dag 26 van my siklus. Het net Fertomid gedrink, so het nie juis enige verwagtings nie. Wag nou maar vir AF! Ons hou maar net die "dinge" aan die gang omdat ek nie self ovuleer nie en dan natuurlik nie AF kry nie. Hardloop môre my eerste amptelike 10km wedloop
Hallo aan almal anders wat ek vergeet het. Geniet die naweek!