Lagogies, geluk met jou twee embies. Jammer oor die ander wat nie bevrug het nie, maar dit vat net een embie (of twee vir 'n tweeling)
Lynkie, hehe, geniet daai ene.
Zarah, nou het ek alles gehoor - wat 'n koei wat sommer besluit om jou BO jou naeltjie te spuit! Jy wou haar seker 'n klap gee. Maar: groei follies groei!
Zettie, dis fantastie, baie geluk met die 10kg.
Klippie, A doen ook inwendige sonar op dag 3. Vir my is dit nie so erg nie want teen dag 3 is AF nie meer so swaar nie.
Nunukie, sterkte vir die lap. Dit hang maar af. Soos Zarah het ek ook graad 4 endo so die operasie is baie lank om alles te verwyder - ook van die rektum, ens, en gevolglik is die herstel ook langer. As hulle nie veel werk binne nie behoort jy binne 'n paar dae beter te wees.
Bytjie, het jy al weer getoets?
Hallo Hexy, Slakkie, Strikkie, Twinkle, Chrizzie, Andie en al die ander. Hoop dit gaan goed.
AFM: Sien FS volgende week. Ek is maar nog steeds in 'n gat, maar ja, elke dag gaan dit seker 'n bietjie beter. MAAR positive vibes vir almal xxx