Jammer julle dat ek nou eers post!!!
Die ET was Maandag en ek moes Maandag heeldag in die bed bly. Dinsdag kon ek weer aan die gang kom, maar toe het DH besluit ons het sommer nog 'n bed dag en ek mag nie my selfoon of laptop gebruik nie ...want die "strale" is nie goed vir die embie nie...
Genade...hy's vreeslik "into" dit en het al vandag 2 keer gevra of ek al iets kan voel?
Hulle het toe net een embie voorgeplaas Maandag oggend 10am. Dit was 'n 4dt (Klippie) en die embie was net besig om uit die Morula status in vroee blastosist status oor te beweeg. Dit was omtrent 'n over-achiever, want ons het nie verwag dat dit al vroee blast sal wees nie.
Die FS is baie positief en se dat hy regtig hoop die embie plak vas en bly daar vir 9 maande. Ons is ook baie positief en my DH bid dat die embie in 2 moet opbreek vir 'n 2-ling. Hy het regtig sy hart gesit daarop dat ons 2 embies gaan he om terug te sit, maar die ander outjie het net nooit verdeel nie.
So...vandag is ek terug by die werk...en hier sit en werk ek maar....het 'n spul HPT gekoop en gaan van Vrydag af begin toets. ja....ja...ek weet dit is hopeloos te vroeg en daar is die kans vir 'n valse positief. Maar....ek sal nie langer kan wag nie. Ek hoop so dit is dit!!
GElUK met jou verjaarsdag, Hopeful!!!
Klippie: HOekom is jy so baie baie skaars? Ek mis jou regtig! (vir jou...en al jou segoed).
Nads: Jou Beta lyk darem absoluut wonderlik!!
Zarah: So jammer dat AF weer erg is dit maand. Dit is so horrible!

Hi daar Zettie...hoe lyk dit...al MS?