× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #123711 by sexy~hexy
Ankia...wat het julle toe van die kleuterskool gedink??

Hi Karen...nee jong, het betaal en klaar betaal...netnou kry ek sommer 'n prokureursbrief in die pos....en einde Nov kry ek mos 13de tjek maar dan wil ons bietjie onsself bederf en nie nog worry oor daai goed.

Dit reen ook orals behalwe by ons :S Se mos ons bly op 'n vetkol!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123704 by KarinM
More julle. Sien dit raak darm nou bietjie meer lewendig hier vanoggend. :)

Hexy ~ jammer oor die vingers wat jy gebrand het jong... eina, hoop dit word gou beter. As AF haar afwagting gemaak het vir 'n normale siklus, dan is dit Great!! :woohoo:
Mag jy sommer gou weer in die TTC tuig wees. ;) Jammer oor die fietsie vir Jayden jong... ek hoop julle kan 'n plan dalk maak vir hom... dalk een van die dokters vra of jul volgende maand eers kan betaal? Ai ek sou ook hartseer gewees het.

Beertjie ~ dit reen op die oomblik weer by ons (George) en dis sommer KOUD maar dis heerlik om na die reen wat val te luister.
Sterkte met die beplanning van finansies met die bevalling... ek dink aan jul en bid vir julle... God sal voorsien, Hy gee sy kinders altyd 'n uitweg.

Ankia ~ :( shame man.. ek verstaan jou hartseer. Dis nie lekker om te sien hulle word groot en onafhanklik nie... maar hy gaan sy maatjies baie geniet en sommer baie oulike goed leer waarmee hy julle nog gaan kom vermaak by die huis. ;)

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123695 by Beertjie
Hallo ankia, ek kan dink dit moet vir jou hartseer wees. Werk jy voldag?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123686 by Goggatjies
Goeie Moe - Hexy

Jammer oor die vingers
Ek is baie bly vir die normale af

Ek het vandag William se registrasie fooi betaal by die kleuterskool - my hartjie is sommer seer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123684 by Beertjie
Hallo Hexy, is so bly jys weer terug! Die klomp dames is maar lekker stil. Hoop nie jou vingers is teveel van 'n las nie.
Ons is ook finansieel bietjie in die knyp maar sal darem bo uitkom. Ek weet nou nog nie hoe ons vir die bevalling gaan betaal nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123667 by sexy~hexy
More almal

Terug by die werk..maar ai...nou glad nie lus vir werk nie.

Het gisteraand my 3 vingers op my linkerhand aan die bokant gebrand met stoom (ring, middel en wysvinger)...dit is nou nog gevoelig!

En....lyk of AF haar verskyning gemaak het. Ek hoop maar dit is die teken van 'n eerste normale siklus...Ek het gestres gister, want toe lyk dit of daar iets begin, maar het toe niks by my nie, moes inderhaas huis toe...en vanoggend was my pantie en slaapbroek vol bloed TMI sorry...ek het AF pyne en kan voel niere is ook seer. So ek sal sien wat gebeur...dalk kan ek weer my ticker opsit :)

Finansieel die maand in ons kanon in, want die doktersrekeninge kom so een na die ander, en dis mos nooit iets waarvoor mens begroot nie :( Ai, en ons wou so graag vir Jayden 'n fiets gekoop het, hy verjaar mos die 20ste Nov :(

Hoe gaan dit met al die ander? Het nou opgevang, maar vandag is mos 'n nuwe dag met nuwe nuus!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123635 by Goggatjies
Goeie More

Gaan goed, dit is bietjie bewolk, en het te lekker vanoggend gereen.

Darem is dit bietjie stiller by die werk

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account