× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #123486 by Cornel
Goeie middag dames.

Sien dit was baie stil hier vandag?

Dh slapies nog,so nou vat ek gou my kans.......hehehe!

Het net gou kom inloer om te kyk of my niggie *Gerne* se baba al sy verskyning gemaak het,maar dit lyk vir my of haar boetie nog al te lekker in sy mamma se magie sit......

Wel dames,julle moet almal 'n heerlike aandjie verder he........

Voel vandag bietjie af.......dis vandag my ouma *sy al oorlede* se 95ste verjaarsdag......sy het ons verlaat net na haar 93ste verjaarsdag....... Ons was baie na aan mekaar en my ma het vir 3 jaar na haar gekyk.....so ja......

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123477 by Goggatjies
HAAAAAAAALLLLLLLLLLLLOOOOOOOOOOOOOOOO

Anje - ek voel baie beter vandag - dankie

Ek sien dit is lekker stil hier
Gaan maar groet

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123387 by Strik*kie
Hi Anje, bly dit gaan goed met julle en geluk met die toekomstige kombuis ;) Myne is ook due vir upgrade, weet net nie wanneer nie lol.

Rakker, jy is 'n stoute rakker om ons post se mense te gaps. :lol:
Jy is darem vreeslik stil hier, jy mag self ook darem kom post om te se hoe dit gaan hoor!!!! :)

Is Hexy nog met kursus?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123363 by KarinM
Hehe... dis te cute Anje... Dat jou man verf soek wat maklik vuil handjies kan afwas kry... :lol:

Sterkte met die volgende eksamen ook.
Mag die kombuis ook lieflik uitkom, dis so exciting.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123360 by Rakker
ertjie1 wrote:

Hallo almal

Gewonder hoe lank dit gaan vat voor ek uitgevang gaan word - loer al `n geruime tydjie.

Ek het maar net altyd almal se stories gelees - wel hier is myne:

Is 26 jaar oud, DH 35. Het vir 3 en half jaar geTTC (unexplained infertility), was ongeveer `n jaar lank op Fertomid, na 2 onsuksesvolle insiminasies het ons besluit om FS te gaan sien. Is dadelik van Fertomid afgehaal vir 2 maande en het die 3de maand swanger geraak op 25mg Fertomid. Is nou 12 weke swanger! :woohoo:

Wel, nou sal julle seker meer van my hoor!


Hi Ertjie! Baie geluk met jou swangerskap. Jy kan ook saam kom chat hier: www.moomie.co.za/forum/4-pregnancy-and-b...may-a-june-2011.html. Maar dit beteken nie jy moet by hierdie thread wegbly nie. Netnou se die mense ek het jou gesteel :P .

Alexander (the Great) born 17 Feb 2009, now a little man:-)

Cherise born 20 April 2011, mommy's little angel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123345 by Lia
AFM: Eksamens was beter as wat ek verwag het, wag maar vir punte voor ek iets se. Nog net ene die 10de eers, maar het darem baie tyd om te swot vir hom. Beertjie, jy het gevra wanneer is my volgende scan, dis die 12de Nov, die grote 20 weke ene. Cornel jy het gevra oor die belly casting kit wat ek gewen het, loer gou by die kompetisie blad, dan kan jy mooi sien - www.moomie.co.za/forum/14-competition-ar...lly-casting-kit.html. Ek dink dis baie oulik.

Ok, ek weet nie of ek julle girls vertel het nie, maar dis hoe my laaste week was, behalwe nou vir leer en eksamen skryf:
Vandat ons die huis gekoop het, wou ons die kombuis oor doen, om dit te kan doen, moet ons ceiling vervang (dis skeef en die gat om by die dak in te klim sit reg bokant kaste), die kragboks skuif (dit sit teen ons grootste muur in die kombuis en verloor baie kasspasie agv daarvan), venster skuif (sodat ons ‘n hoekkas kan in kry, anders verloor ons baie spasie) en dan kan ons die kombuis doen. Die kombuis, eetkamer en leefarea is ongelukkig semi oopplan (loop in ‘n U vorm) dus moet die hele are se ceiling gedoen word ens. En saam met dit gaan dan ook verf en teels in kombuis vervang (hoop ons kry wat dieselfde is as die leefarea). Dus: ‘n Helse groot job. Ons het begin met die beplanning, kwotasies begin kry ens. seker hier van Augustus af, maar met die mediese gemors, besluit om dit nie nou te doen nie. Wel, ml het vorige week besluit ons doen die ceiling, kragboks en venster solank, sodat die groot gemors werk oor en verby kan kom voor baba hier is en dan kan ons later die res doen. Hulle het Vrydag begin. En HA, kom gisteraand by die huis, ml het besluit ons gaan sommer alles doen. Nou ja, so ons hele voor area is onbruikbaar en ons leef in ons kamer en spaarkamer (waar die rekenaars nou is). Ons het darem ‘n gasbraai en gasstofie buite onder afdak, so kan darem primitiewe kos maak. Dis baie geld om op een slag uit te haal, maar gelukkig spaar ons al ‘n rukkie hiervoor, hoop net ons het genoeg. Ek begin nou uitsien om ‘n nuwe kombuis te he.

PS: Ons het gisteraand verf gaan koop, my man se eerste vraag aan die verkoopsman: Hy soek die beste verf waar vuil handjies die maklikste afgewas kan word. Hehe, dis was ‘n lekkerkry oomblik vir my. Hy is partykeer so oulik.

Dink ek het nou alles geshare wat ek aan kon dink.

Julle girls moet ‘n heerlike middag verder he, ek gaan gou op datum kom op die ander thread.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123334 by Lia
Ok girls, ek het opgevang en hier kom ‘n laaaang post:

Lyk my almal het Vrydag ‘n rowwe dag gehad. Gelukkig is dit amper weer Vrydag. Ek kan nie wag nie.

Jooste – hoop die infeksie is nou darem al heeltemal weg en klink darem of jy al beter voel as Maandag.

Hexy – bly om te hoor jy voel beter na D & C. Rus maar baie jong. Hehe, ek wou ook altyd lente baba gehad het, maar iewers het ek opgehou beplan en nou moet ek in winter terug gaan werk toe en ek kan nie my prakties doen nie – maar ek is nie spyt nie. Sterkte vir die lente baba, hoop jy kry dit reg !! Baie Geluk met die kilo’s wat jy verloor het.

Cornel, baie sterkte vir jou pa se heupoperasie, jy moet maar laat weet as jy meer weet asb. Dis maar ‘n moeilike proses hoor ek.

Jodon, oe lekker, ons het ook Saterdag ‘n klein Duitse fees hier gehad, ek wou so graag gaan, maar moes leer, so ek is lekker jaloers op jou. Klink of julle groot pret gehad het. En nee jammer, ek in PTA, so gaan verseker nie na die CPT moomi e meeting.

Marie, lekker man, nou is ouboet in sy kamer en die baba kamer dinge kan nou regtig begin. Geniet dit !!

Aaah Ella, het nou jou hele update gelees oor Vrydag en ek se weereens geluk met jul IVF, ek kan regtig ook nie wag dat jy toets nie. Jou tweeling is oppad. FXFXFXFXFX

Beertjie, jammer oor die infeksie jong, maar ek hoor dis maar algemeen as mens swanger is. Ten minste was jy toe by dr. en kon hy vir jou iets gee. En baie geluk met jou vervroegde afspraak, hoop julle kan geslag sien, kan nie wag om te hoor wat dit is nie !!

Klippie, eina vir oorontsteking . Hoop jy is nou darem al beter. Jammer oor AF man, dit suck !! Het so gehoop vir ‘n onverwagse twee strepies, maar wat, miskien volgende maand.

Hi G, lekker om van jou te hoor. Sjoe klink of julle omtrent pret gehad het die naweek. Ja nee kyk, ek het nog nie van so ‘n vrugbare area gehoor soos julle s’n nie. Geluk met die doop en geniet die familie kuier – al is dit baie werk. Hoop jy voel darem beter voor Sondag. Jy moet asb. phodies neem en kom wys.

Karin, geniet jou scan Vrydag, ek glo alles gaan perfek wees !!

Driekie, sjoe jou naweek klink baie besig.

Ankia, ag lekker, jy klink amper soos ‘n pro scrapper, ek het in die begin van die jaar laas gescrap en mis dit vreeslik, sal nou bietjie tyd probeer maak na my eksamens. Hoop jou sinus hoofpyn is weg.

Lalie, baie baie sterkte vir jou toets more !! Die konsentrasie is maar min as jy baba op die brein het ne  Dan is dit nog net ‘n week voor jy toets vir twee strepies – ek is baie opgewonde vir jou en kan nie wag nie !! FXFXFXFXFXFX

Hi Pais, wanneer moet jou tesis of verhandeling of wat mens dit nou weer noem in wees? Kan nie lekker onthou nie. En hoe gaan dit met dit?

Welkom Ertjie 1, wow, wat ‘n storie, baie geluk met jou swangerskap !! Het jy al jou 12 weke scan gehad, dis vir my die mooiste scan van almal.

Strikkie, het ek reg afgelei, jy het ‘n afspraak vir einde Nov? Weet hoe jy is op privaatheid, so sal nie vra by wie nie, net Baie Baie Geluk !! Hoop jy het dit nie nodig nie, maar indien wel sal jy darem nou weer ‘n pva kry.

Voel of ek iemand mis......

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account