× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #121997 by Beertjie
Ek kan duidelik sien dis weer Maandag vandag, almal is tjoep stil!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121995 by Beertjie
Dankie Strikkie!

Ai tog Klippie ek het so gehoop jys dalk preggies! Ag NEE!
Hoop jy voel gou beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121990 by Beertjie
Sterkte Ella ons hou duim vas vir daai embrio's!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121988 by Strik*kie
Ella, wohooo vir ons vlge BFP!!! Sterkte jong. Hou fxfx maar weet dis nie nodig nie. ;) daai ogies sit klaar.

Klippie, sorry oor af jong, hoop jy voel gou beter.

Beertjie dit gaan goed, jammer oor die infeksie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121983 by klippie
More dames! Ella, sulke goeie nuus hoor! Dink heeltyd aan jou - ek weet hierdie gaan jou BFP wees! So bly jy het by die regte dokter uitgekom!

Aan al die ander girlies - hallo hallo. Ek is nou so agter die tyd, weet nie eens wat in almal se lewens aangaan nie! Was Hexy in die hospitaal? Wat was fout? Ai tog, ek is so agter!

AFM: Nog steeds nie beter nie, more is my laaste antibiotika. :-(
Ek gaan more vir my annual checkup, so miskien kan ek dan sommer 2de opinie ook kry. Hele naweek net geslaap!
O ja, en AF het Vrydag opgedaag, so ek is CD4, maar gaan nie hierdie maand die dae tel nie - moet dalk net in my dagboek afmerk wanneer volgende AF moet begin in case ek vergeet!

Julle girlies moet 'n lekker dag hê - sal later weer inloer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121976 by Beertjie
More julle!

Hexy ek is so bly jy is beter jong! Nou weet jy darem wat is vir wat...

Marie baie geluk met die kamer skuiwery! Ek wens ek kon nou al begin met ons babakamer! Volgende op my lys is om die beddegoed te maak!

Hallo Strikkie hoe gaan dit daar?

AFM: Was toe Vrydag by die dokter gewees, ek het toe erenstige infeksie, hy vir my antibiotika gegee om te drink, ek voel al klaar sommer beter! Verder was die naweek maar sil, ons het Saterdag aand 'n vleisie gebraai en net rustig gekuier.
Het 'n boepie pick geneem, sal kyk of ek hom kan post.

Hoop almal het 'n lekker dagie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121965 by ella~bella
Hallo almal!

Hoop almal het lekker naweek gehou!

Ek wil net vinnig kom update. Alles het goed gegaan met die transfer Vrydag. Die FS het gese dit is baie goeie nuus dat die 2 embryos wat terug geplaas is baie goeie kwaliteit was. Waar dit 'n 4 of 5 moes wees, was myne 'n 7 en 'n 8. Ja ek weet ook nie wat dit beteken nie, maar dis goed!

Nou moet ons net wag vir Maandag 1 November en Vrydag, 5 November se toets... maar dis net formaliteit!!

Ek verbaas myself dat ek so rustig is. IVF is glad nie so erg as wat voorgestel word nie.

Ek weet baie van julle het vrae oor die embryos wat ook bevrug het, wat ek daarmee gaan maak. Op hierdie stadium is daar nog 2 ander embryos wat ook bevrug het, maar hulle was albei op 'n 3. Die FS het gese hy het nie baie hoop nie, maar ons moet wag tot more om te sien. Dus is dit nie regtig in my hande nie, as die embryos nie ontwikkel soos dit moet nie, dan vries hulle dit nie, en as dit ontwikkel tot 'n goeie embryo, vries ek dit definitief vir my 2de swangerskap!

Ek sal weer later try in log, maar ek voel al so sleg dat ek nie weet wat met elkeen van julle aangaan nie, maar sodra ek weer terug is by die huis, is ek weer 100 % daar!

Mis julle! Mooi daggie!
x

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account