Heellloooo - en great, nou dat ek vanoggend soos n soet dogtertjie gesit en noukeurig notas gemaak het van als en almal is almal weg!!!
Ja julle kan maar lag - ek het actually gesit en notas maak van wie wat gese het!!
Ek is ongelooflik bly vir Ella en die 4 eiertjies - ek glo vas hier kom n baie oulike babatjie!!!
Sjoeee - Morgs jy is omtrent skaars, wow vir klein Carli wat so mooi groei!!!
Hexy - ek glo en vertrou jy sal met jou volgende besoek al hierdie moeilike vrae en dinge kan vra en antwoorde kry en ek glo ook jy gan en sal weer binnekort swanger raak en meer gebless wees as ooit!!
Ankia - jy al beter girl??Wie weet miskien gebeur dit per ongeluk wanner jy dit die minste verwag..sterkte en drukkies vir jou!!
Nykie - nee man jou chihuahua probeer jou iets se!!Ek hou styf duime vas vir jou!!
Wesie - geniet jou af tydjie, hou so aan - ek dink daai 2kies sien dit wat jy doen raak en eendag sal jy die vrugte van jou liefde pluk!!
Anje - ek hoop dit het sommer baie goed gegaan met jou xamen en dat die punte dit sal wys!
Tanasha - ai girl - ek dink aan jou en hoop hulle kan jou vinnig help!!
Marie - oi dolla jy skarrel omtrent rond - ek dink ek moet ok my alie in rat kry, dink ek sal vanaand die baba-klere bietjie uitpak en kyk wat ek kan gebruik en wat ek kan donate...hmmm nu raak ek selfs opgewonde!!
Slakker - ai man oor depro-wees, ek dink ook dis vir n doel dan kan jy almal n lekker Kers-pressie gee!
Strikkels - sodra jy n afspraak het of reeds daar was MOET MOET jy ons kom update!Ek dink ons almal le so op jou nek want ons almal wil bitter graag n klein strikkie-baba verwelkom!!
Karin - ag hene ma..oor jou boepie...maar glo vir my jy lyk regtig regtig beautiful en het geen rede om vet of lelik te voel nie!!!!
Haaaai Cornel - soooo lank laas gechat - ek hoop julle internet probs is gou iets van die verlede!!
Jooste - hoe op die blou aarde kry jy dit reg om net 7 op te getel het na julle troue?????Ek het amper 3 keer soveel in totaal opgetel in my amper 6jaar (was n paar keer op en af in die tyd)!!!
Beertjie - ek glo jy sal die joernaal binnekort kry - kalahari behoort te kan help?
Pais - daai is die mooiste mooiste boep!En jou mannetjie is stewig en fris - wat beter is glo my - want dan is hulle tougher en huil nie vir enige ding nie!!!
WHOOOOOOHOOOOOOO vir Lalie vandag - hier kom nog n baba!!!!!
Enige nuus weer van Ansa en haar klein woelwatertjie???
Taaaaraaaaaa!!Nou is ek weer happy en voel ek nie soos n skurk nie!!!Helloooo almal anders wat ek nie persoonlik nou gegroet het nie - WEES GEGROET!!!!
Dit gan baie goed en lekker warm hier!!!Ek het nou permanente sooibrand!!!!Al my werk was vanoggend in sy kanon in laat want my trok besluit om wait for it amper 2ure laat op te daag!!!
Eoin is sooooo n rustige outjie - maar ek dink dis soos my man se - dis die stilte voor die storm, sy boetie was ok soo en het hy my nie geskop nie!!!My maag het sommer sulke wobbles gemaak dat mense my skeef aankyk in die dorp oor my maag met n lewe van sy eie!HAHAHA!!!
Sjoe en dis nou n reeeeeeuuuuuse post...so laat ek nou bietjie stil en stemmig wees!!