Driekie, ek hou van die naam wat julle gekies het, nooit gedink dit het so mooi betekenis nie. So as jy baba al kan voel behoort ek ook binnekort te kan, kan nie wag nie. Het my verbeel ek het al iets ‘n keer of wat gevoel, maar nog nie regtig se dis baba nie.
Morgan, vir wie is jy so vies ? Ek verwys nou na jou fb inskrywings ?
Shame Hexy, kinders verstaan ook meer as wat mens dink. Ek is seker jy sal weer binnekort swanger wees, hou net moed. Dankie vir die nuus oor Cornel, ek het self begin wonder oor haar.
Marie, Nel swot vir ‘n vale nou, so dink nie sy sal in die volgende 3 weke kom in loer nie. Hehe, ek het al daardie stukkie gelees, maar vergeet daarvan, dit was nogal lekker om dit weer te lees.
Dankie Rakker, nogal interessant.
Hi Ankies !!
AFM: Ek het gisteraand so goor gevoel toe ek by die huis kom, het net na ete op bed gaan le, 20h00 opgestaan en weer 22h00 gaan slaap. Weet nie of dit die hitte of wat was nie. Het baba se hart geluister, dit was so 144-145 gisteraand. Voel vandag darem weer beter en dis ook nie so warm nie, lyk of dit ‘n bietjie gaan kom reen, ek hoop so.