× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 6 days ago #116790 by sexy~hexy
OOOOH...en ons het 'n verjaardag meisie....

HAPPY BDAY MARIE :side: :kiss: :cheer:

Hoop jy het 'n bevange lekker daggie en word ongelooflik baie bederf!!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #116787 by marie r
Iets om te lees:

My vrou was besig om haar lisensie by die Munisipale Verkeers-kantoor te hernu,
toe die klerk vra watter tipe beroep sy beoefen.
Onseker hoe om die vraag te beantwoord, huiwer sy ....
Wat ek bedoel,"sê die klerk, "Het u 'n werk of is u net 'n ......?"
Natuurlik het ek 'n werk,"sê my vrou blitsig. Ek is 'n Ma."
Ons lys nie Ma's as 'n beroep nie, maar Huisvrou sal goed wees, stel die klerk met empatie voor.

Sy het totaal en al van die storie vergeet tot eendag, toe sy haar weer in dieselfde situasie bevind het, dié keer by die Stadsraad.

Die klerk het na 'n professionele vrou gelyk, selfversekerd, bekwaam, en
seker in besit van een of ander hoë en belangrike titel, iets soos 'Interrogasie Beampte' of 'Stadsregistrateur'.

Wat is u beroep? Het sy belangrik-ondersoekend gevra.
Wat my vrou dit laat sê het, weet ek nie, maar die woorde het net eenvoudig by haar mond uitgekom:

Ek is Navorsings Assosiaat in die studieveld van Kinder-Ontwikkeling- en Arbeids- Verhoudinge."

Die klerk vries skielik, hou op met skryf en kyk op na my vrou asof sy haar nie reg gehoor het nie.
Sy herhaal toe die titel, stadig en met klem op die belangrikste woorde, en
staar met verbasing hoe haar verklaring neergeskryf word in donker, swart ink op die beampte se vraelys.
Mag ek vra, sê die klerk met nuwe belangstelling, wat presies doen u in u veld?"

Rustig, sonder enige teken van verbouereerdheid in haar stem, het sy haarself die vraag hoor antwoord:
Ek het 'n voortdurende program van navorsing, (watter ma het nie?)
in die laboratorium en in die veld (normaalweg sou sy sê binnenshuis en buitenshuis).
Ek is besig met my Meesters, (eerste die Here en dan die hele familie) en ek het alreeds vier toekennings (almal dogters).
Hierdie werk is natuurlik een
van die mees veeleisende beroepe in die geestes-wetenskappe, (enige ma wat wil stry?)
Ek werk gereeld 14 ure per dag, (24 is meestal die geval). Maar die werk is 'n groter uitdaging as die meeste alledaagse beroepe en die vergoeding is eerder die satisfaksie wat ek daaruit kry, as die geld."

Daar was 'n duidelike toon van respek in die klerk se stem nadat sy die vraelys verder voltooi het, opgestaan, en my vrou met die hoogste agting
persoonlik tot by die deur vergesel het.

Toe my vrou by die huis kom, opgeruimd met haar nuwe skitterende beroep, word sy gegroet deur haar laboratorium assistente 13, 7 en 3 jaar oud.
In die slaapkamer kon sy ons nuwe eksperimentele model (6 maande oud) in die kinder ontwikkelingsprogram hoor, wat besig is om 'n nuwe vokale patroon uit te toets.

Sedertdien het sy 'n konstante behaaglike glimlag op haar gesig, gevoed deur haar oorwinning oor die burokrasie.
En sy is nou op die amptelike munisipale rekords vasgelê as iemand wat meer uitmuntend en onmisbaar aan die mensdom is as net nog 'n Ma'.

Moederskap! Wat 'n wonderlike beroep! En om te dink ek het my vrou gehelp om daardie titel te verwerf. Ek is sommer lus en skryf dit op 'n goue bord
op ons slaapkamerdeur!

Maar nou wonder ek:
Sal oumas dan dalk Senior Navorsings-Assosiate in die
studieveld van Kinder-Ontwikkeling en Arbeids-Verhoudinge wees?

En oumas wat inbly Uitvoerende Senior Navorsings-Assosiate?

Wat van Tannies wat gereeld kom kuier?
Assosiaat Navorsings Assistente'.See More

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #116784 by sexy~hexy
Ek het skoon vergeet, Cornel het my gister gesms en gese sy sukkel met haar internet, so ek hoop dit gaan vandag beter en dat sy kom inloer!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #116783 by sexy~hexy
More almal

Driekie, Owen is 'n mooi naam :) En dis net amazing hoe kleintjies op hulle manier verstaan.

Jayden het Sondagaand weer vir my gese "die babas is nie meer in jou maag nie", toe se ek nee, toe antwoord hy "maar ek wil weer babas in jou maag he"...maw op sy manier soek hy 'n boetie of sussie. Hy is baie erg oor sy nefie, en ek glo hulle gaan nog lekker saam jol...en my hartsbegeerte is dat ek weer swanger sal word...

Hoe gaan dit met almal?

Bewolk hier, maar weet nie of dit sal kom reen nie, lyk of dit ooptrek. Die lentereens moet nou kom!!!

Ja nee Morgan, ek voel ook so, dis darem al Woensdag vandag, maar vanaand en more-aand werk manlief weer nagskof...

Lekker daggie vir almal.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116719 by Morgan
After Monday and Tuesday even the calendar says W T F!!!!!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116708 by Driekie
Heeloooo julle!!Kom ek so hier op die hond se stert binne!

Ons is vrek besig met al die gemors van die ongeluk - so my voete raak skaars grond!

Ek probeer dit rustig vat soos dok gese het, maar ai - dis moeilik!!En dan sit ek nou met 3liter se water wat ek tussen 8 en 5 by die werk drink om te probeer help (die wat nie weet nie - dok het gese my amniotic fluid is aan die min kant en ek moet meer water inkry, rus, rook/rook-situasies vermy en hyt my meds gegee om te help)

AAAAAAAG JULLE DIS AWESOME OMTE WEET DIS N BOETIE!!!!!Gister het ek vir Markus en Darius saam gevat en sowaar klouter klein Markus op die bed en se vir dok hy moet die tv aansit sodat ons na baba kan kyk!Nou ja toe ons nou mooi vir hom verduidelik dat baba n boetie is kan hy nie uitgepraat raak oor hoe hy en sy boetie gan karre speel en krieket speel en bal skop nie - hy is VREESLIK erg en trots op sy boetie!!!!!

O ja en klitsie beweeg n storm los van gister af - vreeslike woelige outjie!!!

Iemand het oor n naam gevra :- wel so rukkie terug het ons n program gekyk met n seuntjie wat vir ons te dierbaar was en sy naam was Owen wat "Protector" of so iets beteken...nou ja dis sover die naam wat ons gekies het maar ons wil die Celtic spelling gebruik...so either gan ons dit gebruik of as ons n ander naam kry wat ons nader aan die hart le sal ons dit gebruik

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116704 by joo~ste
TaNasha
Wat 'n wonderlike geleentheid om in die buiteland te kon studeer het. Verseker mis 'n mens SA..kan dit glo...maar ek twyfel nie dat dit 'n fantastiese ervaring en voorreg moet wees om daar te mag woon nie. Die misdaad is sekerlik MINDER!

Pais
Dit moet nogals erg wees om 3'tjies te moet dra (verwysend na Chris). Ek hoop alles gaan goed met haar gaan en dat daardie 3'tjies so lank as moontlik daar binne bly voordat hulle besluit om uit te borrel!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account