× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago - 16 years 1 week ago #116453 by KarinM
Hallo julle... :) Ek roofkyk maar so effe, te besig vandag om te veel te kan chat.
en dis weer selgroep by ons vanaand so ek moet kos voorsien. Dis bibber koud by ons so ek gaan 'n lekker pot sop maak, wil nou nou begin sodat ek nie jaag vanmiddag nie.

Hi Paisley! Jong, ek sal niks verder weet of hoor van Down's toetse nie want my amniosintese was mos 'n ramp. Twee maal probeer en kon nie vog trek nie, so ek het besluit om kalm te wees en dit net oor te gee aan my hemelse Vader. :) Sover gaan alles goed en my dok is ook happy, hy kon nog niks fout kry aan sy kant nie en ek gaan die 19e vir my 21 weke sonar waar hy 'n halfuur gaan spandeer om te kyk vir enige abnormaliteite.

Charlaine - ek ken nie vir Elmarie Craig nie, maar wel vir Gretha Wiid, was al by haar toesprake en sy is briljant! Het ook al haar dvd's. Moenie alles glo wat in die media gese word nie.. dis 'n klomp twak. Sy is 'n groot Christen met ware christen waardes en wenke en lewens ervaring.
Anyways... lekker middag vir almal!
Toodles

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116451 by Ansa_S
Paisley hoe lank voor mens by die dokter ingaan moet mens die coke drink dat die klein klits woelig is?

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116447 by joo~ste
Charlaine: Ek sal ook van so 'n praatjie hou...maar woon ook te ver. Julle sal maar julle tips moet deel met ons ander!! Genade...en toe moet jy weer in teater toe??? Sien...nee...vir dit is ek te bang!

Hexy: Nelria klink vir my na 'n rekkie!! :silly: Ek sal maar nog vir so 'n rukkie wag. Ek is inelkgeval nie regtig in die bui om nou waaghalsig te raak nie en met die clippies nog in my maag wat aanhoudend trek en brand as ek beweeg...sal ek eerder nog 'n paar dae wag. Ek bid egter nou baie hard dat ek sommer binnekort sal swanger word!

Pais: Jong ek het mos verlede week en Woensdag die FS gaan besoek en sommer die dag daarna ingegaan vir 'n laparoskopie en histeroskopie. Als was 'n bietjie vinnig op my. Alles het okay gelyk, die buise is mooi oop en hulle het endo verwyder (ek nie presies seker hoeveel nie..sal weer as ek die FS op 11 Nov besoek mooi uitvra). Egter, wat hulle ook verwyser het was 'n mioom ('n vergroeisel) wat in die baarmoederwand gegroei het en nogals groot was (so 5 cm in deursnee....so kleinerige tamatiegrootte).

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116446 by Lia
Hexy, ja ek wou baie graag ‘n 4d op 18 weke en weer daarna gedoen het, maar ek skryf eksamen dan en tyd is te min. Ek gaan nou 4d hier by 20-22 weke doen en weer die gratis een in hospitaal op 28 weke. Of dis die plan.

Hehe julle, ek weet nie hoor, ek het so gevoel dis ‘n seuntjie, miskien omdat almal om my seuntjies het. Sal verseker bietjie coke drink voor die tyd. Solank ons net kan sien wat dit is.

Ag shame Charlaine, kan nogal dink dit gaan moeilik wees om haar agter te los, maar dis dalk net die perfekte tyd om vir haar ‘n boetie of sussie te gee 

Pais, as ek reg onthou het Karin gegaan vir die amnio, maar dr het so gesukkel, halfpad deur het sy besluit dis genoeg, sy glo en vertrou haar dogtertjie is gesond.

Charlaine, ek sal graag haar praatjie wil bywoon, maar eers nadat baba gebore is. Het nou te veel dinge aan die gang.

Hehe Hexy, dis hoe ek die afgelope week gevoel het, maar vandag voel ek great.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116442 by sexy~hexy
Vandag voel ek:


Te oud vir 'n Barbiepop;
Te jonk vir pensioen;
Te lui vir werk &
te moeg vir 'n affair.
Hoop dit gaan beter daar by JOU!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116438 by Paisley
ek weet van haar charlaine - nessie het eenmaal van haar tips ook kom post!! ek sal dit nogal geniet om so iets by te woon. Net jammer ons is so ver!!!

TTC Since May 2008
Me: 29, DH 32
FS: Dr Pentz
IUI #1: March 2010 - BFN
IUI #2: 29 April 2010 - BFP on 8dpiui: 7 May
16 December 2010- Early onset of labour (Flat on my back for 2 weeks)
Drugfree natural birth - 1 Jan 2011 weighing 2.74kg (37w)
October, November 2011 - Chem Pregnancies
April 2012-Medicated Cycle: BFN
IUI#1(Yet again)- Planned for Aug 2013

ALL THE GLORY BE TO OUR GOD. FOR EVER AND EVER - AMEN!!

File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116431 by ChaNa
Wie van julle ken daai seks terapeut ELMARIE CRAIG vrou wat in die huisgenoot teenoor daai Greta Wiid vrou gestry het?
Sy gee mos praatjies en seminare vir vrouens oor seks, huweliks seks, hoe om die spark terug te sit in die huwelik, toys etc. Sy vra vir 'n uur en 'n half (90min) R2000. Maar ons kan dit mos opdeel as ons 'n klompie is. As ons bv 8 is betaal elke een R250 Hoe meer ons is hoe minder betaal mens.

Sal julle so iets kan doen? Sy kom hou dit dan by iemand se huis.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account