× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #116288 by Ansa_S
Goeie more almal,

ek gaan nie eers probeer om als te lees wat ek gistermiddag gemis het nie.

Gister was 'n vreeslike dag gewees, dit was vrekkens warm dink by die 40 grade hier by ons en toe het ek na skool personeelvergadering to 4 uur gehad.

Was so lus vir vrugteslaai en vla, manlief het sy ma gevra om vir my skool toe te bring vir na skool, sy bring toe 'n blikkie ingelegde slaai en vla, maar ek het nie 'n blikoopmaker by die skool nie.

SO na vergadering by huis gekom, in die bad geklim om van die hitte ontslae te raak en toe my slaai en vla geeet, bietjie op die bed gaan le vir 'n halfuur.

Net so na 6 gaan ek en manlief spar toe.... in spar word ek so naar dat ek moet uit hardloop bakkie toe, nou ja...waar is die vrugteslaai nou, in spar se parkeerarea!!!!!!!!!!

Ek dog ek is verby met die naarheid omdat ek so lanklaas opgegooi het, wel vanoggend toe kwerts ek weer my longe uit!!!!!!!!!!!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116244 by joo~ste
Marie
Ek hoop ook en bid ook hard dat ek nie nodig sal he om enige verdere fertiliteits behandeling te moet ondergaan om swanger te word nie. Ek sal egter nogsteeds die FS 11 November gaan sien, want ek sal presies by hom wil hoor van die mioom en na die fotos wil kyk wat hy geneem het van my eierstokke en buise tydens die operasie. Waar ek 'n jaar terug regtig vas geglo het dat ek net moet rustig wag...en ek sal swanger raak...begin ek nou effens angstig voel omdat ek al hoe ouer raak en nie te lank wil verder alleen "sukkel" nie. Ek wil so graag minstens 3 kinders he...en met my reeds-gevorderde-ouderdom (as ek dit nou maar so kan noem), is ek bang ek het my kinders in my vroee 40's....en dit is nou nie regtig iets wat ek wil he nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116238 by marie r
Jooste hopenlik het jy nie nodig om die FS te gaan sien nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116236 by joo~ste
Marie
Wel, as jy jou gynie sien op 11 November om daai beach-babatjie te "check", sal ek weer by my FS wees om te hoor van my nuwe PVA.

Ek het Skouspel net so geniet....en ook amper gesmelt van die hitte. Nietemin is dit darem lekker koel in die Super Bowl!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116219 by marie r
Hallo julle.

Ek's weer terug by die huis na 'n baie lekker, maar besige paar dae. Daar's tog niks soos 'n mens se eie huis en kos nie.

My naweek by Sun City was so lekker, maar sjoe julle ek het so warm gekry. Die hitte is nie 'n grap. Skouspel was weereens fantasties gewees. En dan het ek vinnig vir Anje ontmoet. Girl, jy & jou man is pragtige mense. En julle is so oulik met kiddies. Julle gaan wonderlike ouers wees vir baba. (hopenlik weet ons Vrydag baba se geslag)


O ja. Het vir Anje verlede week DOnderdag laat weet van my scan, so ek hoop sy't julle kom update. Dit was so wonderlik om vir Marinus weer te sien. Hy weeg 470g & dokter is tevrede met alles by hom. Hy so rustig gelê vir 'n slag met die voetjies lekker gekruis. Die dr sê dit lyk of hy op die beach lê. Dit het ook op 'n stadium gelyk of hy vir my 'n soentjie gee, want hy't sy lippies so getuit en toe die mondjie oop gemaak. My volgende afspraak is 11 November, dit is nog so lank.

Ek het nie opgevang nie, so het ek iets gemis. Net gesien op Facebook dat Driekie 'n boeta verwag. Geluk met die seuntjie. Jy sal sien jy spaar sommer baie. Daar's so baie van Eduan se goed wat ek nog kan gebruik vir Marinus.

Lekker dag vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116218 by sexy~hexy
More almal

Baie baie dankie vir almal se woorde van ondersteuning. Ek is bly julle verstaan, en dankie dat ek my afdae ook met julle kan deel. Ek wil regtig nie he julle moet dink ek soek van vooraf weer simpatie nie, dis glad nie die geval. Soos Jooste dit so goed beskryf het, ek glo die hartseer dae sal verder uitmekaar uitgaan en minder seer word. Maar ek moet sulke dae he, dis als deel van die "gesond-word" proses.

Ek voel vandag beter. Het lekker geslaap en sien kans vir die nuwe dag.

Ons wil kyk om 'n tweede handse bakkie te koop vir manlief om mee werk toe en terug te ry, sodat ek ook vervoer het, want op die stadium ry ek saam iemand, en as sy nie by die werk is nie, then I'm stuck. So gaan vandag kyk om 'n deal te doen op 'n Bantam bakkie, so hou duim vas dat dit sal deurgaan!

Lekker daggie vir almal, ek gaan weer MIA wees, gou nog toevoere doen en dan ander admin werk.

En dis BANDANA dag vandag....hoop julle het erens een gekoop om die dag te ondersteun :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #116166 by Jo.Don
Hi julle! Jammer ek is so skaars maar my meisiekind het my goed besig gehou op verlof!! Maar het dit BAIE geniet! Se gisteraand vir my man ek is sommer lus en bedank! LOL! Vandag weer terug in die tuig maar min lus gewees!

Het 'n heerlike naweek gehad. Saterdag bietjie mall toe gegaan en gaan shop vir my meisiekind. Saterdagaand rustig by die huis gewees. Sondag by my ma hulle gaan eet. Yummy!! Niks soos ma se kos nie!!

Het net vinning deur die posts gescan!

Driekie geluk met die seun! Na my meisiekind voel ek so oor seuntjies! Unknown territory! Haha!

Hexy, Ai vriendin! Jammer dat jy so moet voel! Die verlies van 'n baba is iets wat ek nooit gedink het my ook sal oorkom nie! Ek verstaan hoe jy voel - happy/sad oor ander swanger is! Ek lees partykeer moomie met trane in my oe (soos nou!) maar sal dit aan niemand erken nie! My MC in Junie gehad maar het nog steeds af dae! Ek hoop dit raak beter vir jou! (((mwah)))

Nou kan ek nie eers meer onthou wat ek nog wou se nie! Is sommer nou weer hartseer! Ai tog!

Lekker aand verder!

File Attachment:


File Attachment:


MC June 2010
Positive Thoughts = Positive Results

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account