Hehe Ansa, dis so lekker om jou stories te lees, want ek het presies dieselfde gevoel, darem nou nie gegag nie, maar ek en man het ook gevra waar is die glow waarvan almal praat, want ek voel dit verseker nie, maar ek dink dit kom nog, ek voel al klaar baie beter en meer opgewonde as wat ek waas.
Marie, jou seuntjie is so oulik man !! Was regtig lekker om jou te ontmoet. Selfs my man het van jou en jou man gehou.
Jodon, hehe, as dit maar net so maklik was om net bedank ne. Shame, my man wil so graag he ek moet 'n by die huis wees mamma wees, maar ek weet my salaris maak 'n groot verskil in ons leefstyl, so sal dit nie aan hom doen nie.
Jooste, ek is bly ons stories motiveer jou. Ek hou styf duim vas dat die FS net goeie nuus het vir julle, maar hoop van harte dat julle sommer natuurlik swanger raak voor julle hom sien. FXFXFXFX
Hi aan almal anders wat ek moontlik gemis het.
Beertjie, hoop jy het jou scan geniet !! Ek het 'n sms gisteraand van jou afgekry, eers vanoggend gesien, maar kan nie die image oop maak nie. Laat weet asb wat se dr. so gou jy kan.
AFM: Gaan goed met my, ek voel vanoggend vir 'n slag weer wakker. Het al lekker baie werk gedoen en daar is nog 'n hopie wat wag. Ons het gisteraand 'n lysie gemaak van die groot goed wat ons moet doen en koop en dis omtrent 'n lys. Ek sien eintlik uit daarna om hierdie eksamens agter die rug te kry. Ek kan regtig nie meer wag vir my scan Vrydag nie, ek hoop regtig ons kan die geslag sien.
Lekker middag vir julle, ek loer nou nou weer in.