More more dames
Drix, ek dink ook jy moet die 9de gaan, ek kan nie wag om uit te vind wat die geslag is nie.
Hexy, dis 'n uitstekende idee, ek vergeet ook alewig iemand. My volgende scan is : 15 Oktober
My due date: 27 Maart 2011
Beertjie se volgende scan is: 12 Oktober
Marie, heeldag in die swembad klink heerlik. Dis net so warm hier, of miskien is dit net ek. Ons gaan ook skouspel toe, maar ons vat 'n buitelander dame saam, sy verstaan nie 'n woord afrikaans nie, maar het skouspel op tv gesien en ons het belowe ons sal haar hierdie jaar vat. Ons het ongelukkig te laat geboek en kon toe nie slaap plek kry nie, so ons gaan ongelukkig moet terug ry PTA toe na die tyd, maar dis dalk beter so. Julle moet dit baie geniet !!
Jooste, ek stem, die beplande BD is ook nie vir ons nie, dit voel net onnatuurlik. Baie Sterkte vir jou afspraak more, hoe laat is die afspraak?
AFM: Sjoe, ek was vreeslik naar en lam en tam vanoggend toe ek opgestaan het, maar ek voel darem nou al beter net nogsteeds naar. My baas kom eers later vandag in. Ek het my 15 week belly phodie geneem gisteraand en toe vanoggend vergeet om te vat. Ek sal my bes probeer om sommer vanaand by die huis die phodies te laai.