× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #113058 by joo~ste
TaNasha: Ek het al dai sonars goete en my DH se semen analise...en Clomid en so reeds by my gynie laat doen. So, daar is ek darem gecover. Ek vermoed die spreekwoordelike "groot kanonne" gaan nou uitgeruk word by die FS. So...vir my beteken dit net 'n paar goed = baie geld....baie emosies....en moontlik meer spanning... :blink:
Hoe lank probeer julle al? Ek hoop jy kry sommer vinnig jou BFP. Toe ek die 12 maande merk oorgesteek het, het 'n vreeslike moedeloosheid my beetgepak....en al wat nou na 16 maande oorgebly het is hierdie siniese (effens pessimistiese) uitkyk. Ek moet myself regruk! G'n mens kan swanger word soos wat ek deesdae voel nie!
Slakkie: Ek hou styf duimvas vir jou dat jou dokter mooi saam met jou siklus kan werk en dat jou IUI nog hierdie maand kan gebeur!
KarinM: Geluk met die dogtertjie...jou scan lyk pragtig!
Liz: Dankie, ja ek sal graag 'n Kersfees BFP wil he. Dit sal vir my so heerlik wees om vir familie en vriende op Kersdag daarvan te vertel! (So droom ek al vir baie lank...)
Cornel / Strikkie: My AF maak my hele lyf soms lam, maar gelukkig drink ek dan net 2 Brufens en dan kan ek dit hanteer. Ek het darem nooit meer as 1 dag seer nie. Ek kan nie dink hoe dit moet voel om tot in jou boude seer te he nie. Blerrie irriterende AF. Ek wens sy wil ons almal net uitlos!
Driekie: Waarvoor gaan jy nou aanvullers moet gebruik. Ek het al gehoor dat hulle ekstra kalsium voorskryf vir die vrouens wat so krampe in hulle kuite kry. Geniet jou cleavage...dit is 'n lekker bonus!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113022 by Driekie
Helloooooo almal!!!!!

SJOEEEEEEEE - dis VREK VREK warm in Mafikeng - kon gister nie uit die huis van die hitte nie!!!!En vandag is nog erger!!!!!!

Ek kan nou nie veel onthou wat ek gelees het nie
Welkom Liz en Jodon en welkom terug Tanasha!!!!
Baaaie geluk met jou meisiekind Karin!!!!

En nous dit verder so bietjie blank!

Was die naweek in Klerksdorp vir my man se krieket en hulle het darem ver gewen!
Gister hele dag in die huis en gisteraand het skoonmense die hele family uitgevat vir ete, en daar val my klein rabbedoe toe en het nou n blou-oog as bewys..aiaiaiai!!!

Met mamma en baba gan dit baie goed - maar ek moet een of ander ekstra aanvulling gan kry, die krampe in my kuite wat ek eers so by 27weke met Markus begin kry het het nou reeds begin en my voete lyk soos poffertjies in die aande!!!OOOOH en toe skrik ek gister - ek wou toe vir die ete gisteraand mooi aantrek en ek haal toe my wit rok wat ek gedra het hier aan die einde met Markus uit die kas.....OOOOOOPS...dit sit al klaar ampertjies styf en my sussies het waaragtig baaaaie gegroei!!Ek het darem lekker ekstra cleavage gekry :blush: !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago - 16 years 1 week ago #113017 by Cornel
Baie dankie julle,ek gaan defnitief vanaand 2 drink!

Al wat en vir wie ek nou kan onthou is Karin!!!!!!!!
BAIE GELUK MET JOU DOGTERTJIE! Nou kan jy lekker begin shop!

Dames,ek gaan sommer klaar groet!

Daar is nog so uurtjie oor wat ek lang DH kan gaan le!

Lekker middag vir julle almal!!!!!!

Sal gou vanaand weer opvang!

Glo ek sal weer van Woensdag ~ Donderdag af meer gesels!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #113000 by Goggatjies
Karin abie geluk met span pienk, dit is great

Cornel, ek het altyd erg af gehad, ek was amper dood, was baie erger as kraam pyne, dat ek nie kon opstaan van bed af nie.
Maar jy kan 2 drink elke vier uur

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112997 by Lia
Hexy, ek kan dit verkeerd he, maar ek het iewers gelees dat progestoroon vir die eerste 12 weke baie belangrik is, en van week 12 af neem estrogeen oor (Ek het ook week 12 opgehou met my progestoroon aanvullings). Praat maar met jou dr, miskien kan sy meer antwoorde gee.

Eina Cornel, jammer man, kan nie help nie, ek is een van die gelukkiges wat bitter min in my lewe al seer gehad voor of tydens AF. Hoop AF bly nie te lank nie.

Wow Karin, tegnologie is so wonderlik, baba is nie so groot nie maar die scan laat baba reeds volmaak en perfek lyk. Weereens baie geluk !!

Ansa, moenie te vinnig praat nie, net toe ek dink my moegheid raak beter, toe vang ek weer 'n dip.

Wonder waar is Driekie, ek wil haar iets vra.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112991 by TaNasha
Liz ek het die donker bruin bloed voor en na AF, weet nie of dit jou miskien help nie.

Baie geluk met n dogtertjie Karin! Het julle al aan name gedink?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #112990 by Ansa_S
Karin dis te dierbaar!

Cornel ek het ook al sulke AF gehad dat tot my boude pyn!

Ek gaan nou groet, gaan nou huis toe.

Moet se die moegheid is beter maar ek gaan verseker bietjie le met my voete in die lug, die rug kry maar swaar om so heeldag te staan!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account