× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 weeks ago #111249 by Morgan
More julle

Ek en DH het darm dinge uitgepraat, nie dat daar eintlik iets fout was nie ons het net nie die smse reg gelees nie en toe was altwee hardegat. AI!

Carli is die meester van slaap!! sy slaap elke aand tussen 10-12 ure. Sy word party keer wakker dan soek sy haar dummy, maar sy huil nie mens hoor net hoe sy rond beweeg as mens haar ignoreer dan slaap sy verder. Ek kry Nel en al die ander wat so sukkel vreeslik jammer! So ek gan seker iewers anders weer meer met haar sukkel as die ander...

Waars Charlaine???

Marie watse kleur/tema verf julle sy kamer, shame hy is seker BAIE opgewonde!

Hexy bly jou man is vanaand weer by die huis, ek weet dis niks lekker as hulle weg is nie! Ons gan nou kyk of ek en carli nie saam kan gan volgende week nie, maar ons wil nie onnodig te veel geld uitgee nie, so sal maar sien

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111232 by marie r
Hi Girls

Jammer dat ek so mia was gister, maar het probleme met die internet gehad. Het heeltyd sein verloor. Hopenlik gaan dit vandag beter.

Ek gaan net nie so baie vandag kan chat nie. Het iemand gekry om Eduan se nuwe kamer te verf vandag, so ek moet vir Eduan besig hou want hy wil net gaan help. Sal so tussendeur kom opvang.

Dit gaan goed met my & ek voel goed. Was gister bietjie bedrywig by die huis en gisteraand het my lyf vir my vertel dat ek nie meer alles kan doen wat ek altyd gedoen het nie.

Beertjie, ek's bly alles gaan nog goed. Pas jouself op. Jy't 'n kosbare dingetjie daar in jou maag.

Kan nie veel meer onthou wat ek so tussen die aan en af internet gelees het nie.

Hexy, dit is 'n bargain vir die tuimeldroer. Hou duime vas.

Lekker dag girls.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago - 16 years 2 weeks ago #111216 by sexy~hexy
More almal

Hoop nie dit gaan vandag weer so 'n grafstil dag wees nie?

Hoop julle het 'n lekker aandjie gehad. Ek het sleg geslaap, eers 11uur gaan slaap, was net nie vaak. En toe slaap ek baie onrustig. So ek het swaar opgestaan, maar darem het DH sy laaste nagskof gewerk, so vanaand is hy weer myne !!!

Ek voel darem vandag beter...so dankie aan almal se mooi praat en luister en omgee. Ek het gisteraand die blomme gekry van die groepie af wat Ankia gereel het, so ek sal vanaand 'n foto neem van als sodat julle ook kan sien wat ek gekry het :)

Ek kan heel moontlik 'n tuimeldroer koop vir R500...in baie goeie kondisie en nog min gebruik....so hou asb duimvas dat wanneer ek more bel die ander vrou hom nie gevat het nie!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111161 by sexy~hexy
Hey Morgan. Ai dolla, dis jammer om te hoor. Ek stem, as mens ni bymekaar is dan wil mens ni baklei, maar uit ondervinding weet ek smse veroorsaak altyd misverstande, want dit wat jy bedoel kom ni deur en dit wat jy lees is ni wat jou DH bedoel. Dalk moet julle ooreenkom om te mail en mekaar om di beurt na 8 in di aande bel?

Hey Jooste, so jou FS afspraak is volgende week? Yay! Hoop jule kry dan n goeie nuwe plan van aksie.

Laaste aand van home alone wees, so kan ni wag vir more na werk om net saam DH te wees.

Leka aandjie verder almal!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111154 by joo~ste
Hi almal!
Ai...(sug) :S ....my dag was so rof...ek kon nie eers inloer nie. En...toe ek uiteindelik kon...toe vat dit my so 'n lang ruk om alles op te vang...dat almal nou al seker gewaai het.

Beertjie: Ek is verlig dat alles okay is met jou babatjie! Jong...'n plasenta skeur klink vir my erenstig?? Wat het die dokter gese moet jy nou doen of nie doen nie??

Sexy: Jy is nogsteeds spesiaal...want jy sal ALTYD die ma van daardie tweeling engeltjies bly.....

AnjeD/ Slakkie: Ek sou graag wou toets...maar ek het nie 'n HPT nie! Duh....vir iemand wat TTC...en het nie eens 'n ou stokkie erens om op te piepie nie. Ek het nou net een gaan koop en sal more oggend POAS. Ek is egter 100% seker dat ek nie swanger is nie. My temps en alles het geval. Dit kan sweerlik implantasie wees wat 13DPO so lank aanhou en met sulke lae temps. Ek sal maar more kyk of ek nie by die dr. kan uitkom dat hy kan check en vir my iets kan gee om AF aan te bring nie. Ek moet die FS volgende week sien en wil nie dan sukkel met AF nie.

Cornel: (LOL)....ek kan net 'n koppie koffie drink en dan sit ek soos 'n uil tot 2am in die oggende. My toleransie vir iets soos kafeiene is nie goed nie. Hoop jou bewerasies is nou iets van die verlede.

Lekker aand vir julle...

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111146 by Driekie
haaaai hene - sien nou eers die tyd - ek gat moet spring - my man het krieket so ek loop so bietjie vroeer - ek se solank TATA tot more!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #111145 by Morgan
Ag julle eks nou some lus en huil. My man is die week in durban (die eerste van nog baie die jaar hulle het baie werk daar) anyway ons trek by dag 2 van die trip en ons baklei al klaar.

Ons sms mekaar en daar is altyd n mis communication!! ek weet nie hoe ek gan oorleef nie dis erg genoeg at hy so ver is nou baklei ons ook nog

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account