More dames.
Ek het nou eers probeer opvang met wat die laaste week gebeur het. Was in Jhb vir my skoonpa se begrafnis.
Ek is so geskok en hartseer hier waar ek sit.

Het nou eers gesien van Hexy... ai toggie, my hart is baie seer vir hulle. Mens verstaan nie altyd hoekom sulke dinge gebeur nie! Dis so onregverdig. Maar ek glo alles gebeur met 'n doel....
AFM: Ek het besluit om wel die Amniosintese te laat doen... ek sit my geloof en vertroue op my hemelse vader maar ek is mens en wil graag sekerheid he vir die volgende vyf maande en nie toelaat dat die duiwel my vreugde by my steel nie.
Die amnio sal Donderdag 12h00 gedoen word.... ek vra asb vir julle om elkeen aan my te dink dan en te bid vir my en babatjie dat alles sal goed en suksesvol afloop sonder enige komplikasies na die tyd.
Dan is dit die wag tydperk van so 2 weke om te hoor... dit gaan seker die ergste wees.
Ek het so baie om in te haar by die werk omdat ek weg was... moet nou gaan, maand einde om die draai.
Lekker dag vir almal!
XXX