More more dames
Ek het 'n Baie besige naweek gehad en ek sukkel al heel oggend om in te log en op te vang, maar kry dit nie reg nie, so ek het nou nog nie opgevang nie, sal later weer probeer.
Hi Pais, jy moet lekker werk hoor. Kom ons hoop jy maak groot vordering hierdie week.
AFM: Ok, my naarheid, hoofpyn, krampe ens. is alles weg al van Woensdag middag af. MAAR, ek het 'n baie funny gevoel op my maag. Dis sensitief en effens seer. Ek het gister middag so harde ronding gehad tussen my naeltjie en my ribbes. Ek voel vreeslik opgeblaas. Nie dat ek kla nie, as ek reg onthou moet baba mos nou begin opskuif en dis seker wat die snaakse onbekende gevoel veroorsaak. Kan dit nie lekker beskryf nie. Ek het nou nog nie klere gekoop nie, ek sal vanmiddag na werk MOET gaan, want ons gaan mos kamp die naweek en ek het seker 3 somers toppies wat nie styf trek om my pens nie, maar die kort broeke en rompies kry ek nie aan nie.
Julle moet 'n heerlike dag he !! Ek gaan so oomblik ingelog bly, maar dan moet ek weer werk, ek het weer baie werk vandag. Ek haat die laaste deel van die jaar, want dan moet ons baie geld maak om vir Desember en Januarie te sorg, want dan is almal mos stil en arm.