× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 month ago #102530 by Ansa_S
Hallo Hexy!

Jong ek voel nie naar en gooi dan op nie, ek begin net ewe skielik opgooi en dan is ek vreeslik naar! So ek weet nie lekker wanner om die pille te drink nie! Want niks waarsku my dat ek nou gaan opgooi nie!

Maar ek dink ek moet maar in die aande voor ete net een drink om die gebrul te keer in die aand!

Dankie vir al julle raad oor 'n kosblik! Ek het beskuit en pap by die skool so as ek honger is eet ek van dit! En ja ek het toe gister vir my 'n kit-kat gekoop en verslind!!!!!!! En o hel dis lekker vir my, veral daardie koekie in die middel! Snaakse craving want ek dink ek het nog net een keer in my lewe vir my 'n kit-kat gekoop en dit was toe hulle 'n pepermint geur gemaak het!

Ja manlief het vanoggend my ruggie gevryf terwyl ek gebrul het en gevra hoe lank gaan dit nog aanhou, want hy kry my so jammer! Toe se ek as mens gelukkig is hou mens op as jy 3 maande is!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102527 by sexy~hexy
More Ansa :)

Nog so 6weke dan behoort jy ook beter te voel :D Help die naarpilletjies darem?

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102526 by Ansa_S
More almal!

Jammer ek was so stil gister maar was regtig moeg en baie werkies gehad by die skool!

Hoop dit gaan goed met almal!


Die naarheid slaan my nou wraggies ook net voor ek in die bed gaan klim in die aand en dan weer in die oggende!

My lyf is al lekker seer van al die gebrul, maar ek kla nie want darem weet ek die baba groei!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102522 by sexy~hexy
More more almal :)

Hoop julle het 'n lekker aandjie gehad?

WOW julle, daardie In the Womb-dvd vir Multiples is AMAZING!!! Mens leer so baie, oor hoe als gebeur, en glo my, God is regtig groot. Maar dis ook 'n eye-opener, veral waar dit kom by twins wat in een sakkie le. Ek is nogals bietjie bang nou, veral omdat die gevare so 'n groot realiteit is, maar ek moet net bly glo dat hierdie tweetjies binne my ook vegtertjies is, en dat God Sy hand van beskerming om hulle sal hou en dat hulle gesond sal wees vir die hele swangerskap.....

Wat is nuus by julle???

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102455 by Lia
Hi Ankies
Sien jy is nog op. Ek het 'n dol dag gehad. Ek gaan gou opvang.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102414 by Strik*kie
Bye Slakkie hoop jy voel beter jong.

Tata Ankia lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102411 by Goggatjies
Lekker aand vir almal
Slakkie ek hoop jy voel beter

Baai

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account