Beertjie, ek werk vir ‘n makelaar en ons gee al ons mediese verw. aan ‘n maatskappy wat net mediese goed hanteer. Ek het nou met die dame gepraat en sy se dat daar is nie ‘n mediese fonds waarvan sy wee twat swangerskap sal dek as jy klaar swanger is nie, jammer. Maar ek dink Nelria wat altyd hier gechat het, was gedek, maar kon vir ‘n paar maande nie eis nie of so iets, ek sal by haar hoor. Baie Geluk met jou 8 weke !! O, en AF krampe is normaal, ek het ook gehad.
Drixter, shame man, ek hoop jy kry sommer gou vir boeta reg sodat hy in sy eie kamer slaap, want as baba eers daar is, kan dit nogal moeilik gaan.
Karin, dit was heerlik om van jou te hoor. Ek hoop jy kom nou meer gereeld kuier. Ek is baie bly dit gaan so goed met jou en baba. Sterkte met die tandpyn !!
Ansa, ek sien jy praat van kosblik in pak wat jy nie voor tyd kry nie. Glo my dis beter om dit te doen, as daardie erge erge honger kom, en jy kan nie uit die klas kom om iets te kry nie, gaan jy spyt wees. Die honger is vir my vreeslik, dit maak laat ek nie nugter kan dink nie. Jy is een oomblik nog naar die volgende oomblik vreeslik honger en dan moet jy maar eet, want as die honger oorgaan is die naarheid terug en dan wil jy nie eet nie.
Slakkie, hoop jy is al gesond !!
O en hi Strikkie en Cornel en almal wat ek nou vergeet het - jammer.
AFM: Ek is bietjie naar en het ‘n hoofpyn wat kom en gaan. Dis dol hier by die werk, alles gebeur nou op een slag.