× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #81020 by Ansa_S
More almal

Laliek ek is so bly dit het goed gegaan, sien al jou BFP!

Cornel hoe gaan dit, het so gebid vir jou gister!

AFm: AF maak verseker op vir die tyd wat sy laat is! Maar dis reg met my as daar ordentlike bloeding is want dan kan die games begin met 'n skoon sisteem!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81019 by Mommy2Monster
More julle,

sjoe ek het baie om op te vang. ek gaan nie veel personals doen nie net vinnig die volgende

charlaine BAIE BAIE geluk mag jy 'n H&H 8+maande hê

Lalie ek hou vir jou duim vas, maar met daai tellings is dit alreeds 'n given ek weet sommer daar kom twee strepies

en dan

Cornel, hoe gaan dit vandag? En die bloeding, is dit al minder? Meisie ek verstaan presies waardeur jy gaan. Ek het tot op 14w gebloei. ek weet van die vrees, die hartseer en ook die amper moed opgee. wat ek vir jou wil sê is wees rustig en positief. God het sy hand oor jou en jul kleintjie en julle as gesin. Probeer relax - maar ek weet dit gaan baie moeilik wees. Drink 'n rescue pilletjie of twee en sorg dat jy genoeg rus inkry. Mornitor die bloeding.

Onthou ek het op 'n stadium BAIE baie erg helder rooi bloeding gehad, ek was by die werk en dit het deur my klere gebloei en dit het by my bene afgeloop. En kyk hier is ek vandag 36w3d swanger met 'n gesonde klein fightertjie. Jy moet net glo en kom praat hier met ons.

Ook stel ek voor gaan vir bloods, laat hulle weer 'n beta telling doen (dit sal jou gerus stel want dit sal jou wys jy IS nog swanger) en laat hulle 'n prog telling toets doen. In my geval was daar niks fout met die prog telling nie - dit was fine. die probleem was dat baba baie laag ingeplant het (actually oppad uit) dat hy teen 'n weird angle ingeplant het en dat my placenta baie laag begin ontwikkel het.

maar nou ja, onthou ek is hier vir jou, ons is hier vir jou. kom praat jou hart (en harsteer/onsekerheid) hier uit. en probeer rustig en positief wees. jy sal sien als gaan 100% hou moed

(((HUGS))) xox

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81018 by sexy~hexy
More almal

Hoop julle het 'n leka aandjie gehad...ons was net rustig - vir Book of Eli gekyk. Ek is mal oor Denzel Washington se movies, maar het gemengde gevoelens oor die movie. Het iemand dit al gekyk? O ja, en Dinsdag het ons Alice in Wonderland gekyk. Laat mens sommer terugverlang na dogtertjie dae met teepartytjies en Barbie speel :D

Cornel, het jou sms gekry dankie, battery was toe pap gewees en moes eers op charge kom, so jammer ek het nie reply nie :blush: HOE GAAN DIT NOU DOLLA? Ek bid so vir jou...

Lalie, ek is ook baaaaaaie bly IUI het goed afgeloop...positive thoughts bring positive actions ;)

Gbaby, vir my is jy maar net Supermom :D Jy handle 3kids, werk en kry nog tyd vir beauty treatments ook :huh: Dunno how u do it girlfriend!

Morgan, hoop Carli is beter vandag?

Feetjie...jy kan gesels net wanneer jy wil...hierdie is beslis 'n unieke groep...ek kan nie glo ek gesels al van Februarie af saam met die dames nie. Ek glo nie erens anders is daar al sulke bande gevorm soos hier nie :)

Hoe gaan dit met al die ander?

AFM: Ek voel redelik okay vanmore re MS :ohmy: So ek hoop dit gaan ook so die res van die dag wees fxfxfx :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80996 by Feetjie
Hi jul almal.

Laliek --- ek's so bly vandag was ok en dat jy positief voel. Baie sterkte vir jou vir die volgende 2 weekies!!! Ek's weet jy is in goeie hande ;-)
Sterkte

Anje -- WOW BAIE BAIE geluk!!!!!!! Ek is vreeslik vreeslik bly vir jou!!!!!!!!!! Nogmaals baie geluk!!! Geniet elke oomblik jy verdien dit!!!!!!!!!

Charlaine -- eerste bloed -- great, sterkte tot vrydag vir volgende bloed. Wees positief!!!!!

Ansa --- sterkte met skoonma........! En bly dat als darem sover "reg" gaan met af ens. As jy nie by Dr Pentz regkom met afspraak nie, probeer gerus dr Hogewind!! Maar soos die ander se dit gaan nie eens nodig wees nie.

G Baby --- Jou kids is te pragtig. Geniet jou "aftydjie" more!!!! JY VERDIEN DIT!!!!

Cornel -- Baie sterkte jong!!!!!! Ek glo dat als sal goed afloop. Wees positief, rustig en vertrou!!!!

Mari --- So bly al's lyk ook mooi reg vir jou!!! Sterkte!!!

Hexy --- 2ling,,,, GREAT!!! Ek dink 2ling is wonderlike seen!!!!!! Ons hou duim vas tot volgende sonar.

Klippie --- ek lees jul gaan bietjie op vakansie, waarheen????

Strikkie --- halloooooo!

Driekie --- Hi Driekie, bly dit gaan so goed met jou sover!!!!!!!!!!!

julle ek hoop ek het almal onthou!!!!

Jul sal ook wonder wil ek nou deel he aan hierdie gesprekke of nie,,, want ek daag soms hier uit die bloute uit op en dan verdwyn ek weer vir weke......... (laat my aan iets anders dink mmmmmmmmmmmmmm)
Miskien moet ek my naam verander.....

Maar moet vir jul se soms doen dit my net so goed om na jul te kom "luister" as mens so af en negatief voel.. Dankie dat elkeen van jul so kosbare rol speel in my/ mekaar se lewens. Ernstig ek kom "praat" regtig min saam, maar moeilik deur die dag, maar probeer elke laat middag aand bietjie opvang en dan is dit half "te laat" om deel van die gesprek te wees. Maar weet ek bid vir elkeen van jul!!!!

Heerlike aanjie verder en geniet die DONDERDAG, amper NAWEEK!!!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80972 by Laliek
OOhh belangrik - Cornel ek bid vir jou als sal fine wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80971 by Laliek
Hi julle!!

Jammer ek update nou eers, sal more weer inlog. Het vanmidddag vinnig opgelog om update te gee op die engelse thread en toe is ek weer net so vinnig af :laugh:

Hexy - ooohhh, tweeling :P

Charlaine - geluk girl!!

Ansa - ek dink ook nie jy gaan vir ou strikkels nodig he nie...

Strikkie - ek het vir jou gereply op ttc questions

Halllooo vir res van julle!!

AFM: IUI het baie baie goed gegaan. Was baie seerder vandag as vorige keer, het nog bietjie ovulasie pyne ook nog gehad vanoggend so dok was baie happy met dit. Ons het 31mil spermpies met 100% motiliteit!! Sooo ek is baie baie baie positief en sit geld op myself die maand :woohoo:

Ek chat more weer met julle!! Lekker aand julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80930 by Strik*kie
By Hexy en Ankia - lekker aand.

GB- geniet die af-aandjie en die bederf more!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account