× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #80287 by sexy~hexy
More almal

Gaan nie nou personals doen nie, het by die werk gekom toe ingestap in die oudit, so ek is nou eers weer online.

Was toe by gynie, kon nie mooi vir baba sien op gewone sonar, toe doen hy 'n inwendige een :blink: Als lyk goed, daar wys 'n hartkloppie (nie gehoor nie). Baba meet 1.72cm en ek is vandag 8w 1dag. EDD 1 Maart en ek gaan 'n keiser kry :S

Die groot nuus...DAAR IS DALK TWEE!!! Jip, dok is besig en vra vir DH of hy wil kom kyk...toe se hy hy sien net een, toe se ek dis goed want DH het gespot met twee...toe se dok hy dink daar is twee, hy het aan die begin gedink hy sien twee :blink: Ek moet oor twee weke teruggaan, om seker te maak. Hy het voorlopig geskryf tweeling :D So ja, sien wat kom van spot!

Hier is 'n pic.

File Attachment:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80286 by Lia
Hi Ankia, nee, dit voel nog unreal, gaan vanmiddag in winkels rondloop, miskien as ek daar tussen babagoed staan sal dit bietjie meer insink. Jammer oor duiseligheid, hoop jy voel gou beter, kan jy reel om halfdag huis toe te gaan nie.

Ansa, oom strikdas se nr: 012 367 4363, maar ek dink nie jy gaan dit nodig he nie, jy gaan voor dan weer swanger wees.

Dankie vir die gebed Cornel !!

Hi Drixter, shame sien dis jou beurt vir pyne vandag, sterkte jong !!

Hi Charlaine, sterkte vir daai telling, hoop dis positief, al is dit laag, maar as dit negatief is, moet jy onthou dat dit moontlik net te vroeg is, so moet asb. nie depressief raak nie. Nog net 40 min voor jy kan bel sien ek.

Strikkels, ek hoop regtig vir julle part hulle hou uit.

Ek het net dowee lae rugpyn en seer boobs, so nou en dan ‘n kramp, maar Drix jy is ‘n week voor my, so my erge pyne begin seker volgende week.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80283 by Ansa_S
Strongs Charlaine, hou duime vas vir jou!

Is dit nie vandag Laliek se dag vir insiminasie nie?????

Kyk hierdie Ouma van my maak my deeglik bewus van haar koms vandag, het lekker seer!

Driekie dis presies hoe ek beplan om dit te doen, hoop net ek en manlief se asems hou dit!

Maar ek weet hy is so lus om 'n pappa te word dat ek seker is hy is reg vir alle aksie!

Ons gaan nou nie aan die Tour de France deelneem nie, maar aan die Tour de Baby Dance!!!!!!! Bult op en bult af en elke aand die geel trui dra vir die voorloper van die marathon!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80282 by Driekie
Ons het nie van daai stokkies hier wat ek al gesien het nie...so ons sal maar wag en sien.

Ek weet my ma se haarkapster het vir my die naweek gese dis n dogtertjie...maar nou hoe sy dit kan "sien" of weet sal net sy kan se!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80281 by ChaNa
Jippeee Hexy is op..

Vertel asb alles ons brand om te weet hoe dit was?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80276 by ChaNa
Driekie gaan julle daai piepiestokkies doen om te kyk blou of pienk of gaan julle dit uit wag tot op 16 weke?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80271 by Driekie
Nee jong Cornel - ek het op daai link wat Strikkie ons gegee het gaan kyk en daar wys dit 16 Maart

Markus is op die dot op 39 weke gebore - so..

As ek daarvolgens werk - dink ek babatjie behoort haar/sy arrival te maak so om en by 9 Maart! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account