More more dames
Ek het gou opgevang – darem net 2 bladsye.
Charlaine, jy het gister gevra of ek weet watter gyne en hospitaal ek gaan gebruik, ek sal terug gaan na my gyne by Wilgers - Dr. Erasmus.
Strikkie, sien jy het al ‘n klomp onderhoude gehad, het julle darem al iemand waaroor julle positief voel?
Aggenee Marie, jammer oor die bruin afskeiding. Ek het darem al baie gehoor as dit bruin is, is dit ok, dit moet net nie rooi wees nie. Sterkte vir jou afspr en probeer ontspan, toemaar ek weet hoe moeilik dit is. Ek gaan nou heeldag aan jou dink tot jy terug rapporteer. Baie Sterkte !!
Hexy, geniet jou scan, kan nie wag om van jou terug te hoor nie.
Hehe Morgan, ja nee, ek sien baie uit na daardie party !! Maar sal dit begin reel na my scan die 5de…lol.
Ansa, whooooohooooo vir AF en ek hoop die tyd vlieg verby voor ml weer terug is.
Cornel, hoop die pyne is darem nie meer so erg nie. Dis baie mooi name wat julle gekies het.
Ag jitte man, julle drie babas is te pragtig !! Dis regtig ‘n mooi foto van die 3 saam.
Wow G, ek verkyk my altyd aan jou kinders. Jy het regtig mooi kinders !!
Julle moet 'n lekker dag he !!