Hallo dames,
Wow! Baie baie dankie vir al die mooi boodskappe en omgee. Ek het dit gelees soos dit gepost is en dit het vir my so baie beteken!
Snoekie:
Hoe voel jou pyne vandag?
Lynkie:
Alles gaan uitwerk en dit gaan awesome wees... 'n groot sukses le vir julle voor.
Hexy:
Sterkte met jou kind se operasie vandag
Nadsmeiring, Zettie:
Hoe gaan dinge by julle met die meds?
Blommie:
Sterkte vir die volgende siklus.
Cisca, Feetjie, Strikkie, Jooste:
Hoe gaan dit met julle? kom gesels toe...
AFM:
Ek voel vandag al goed mens... lyk my die bloeding raak minder. Die meds wat dokter vir my gegee het was bietjie erg.. dit het kontraksies veroorsaak en maggies dit was seer.
Dok Strikdas het Dinsdag 'n sonar gedoen en gese alles is uit die baarmoeder uit so dis nie nodig vir 'n D&C nie. Hy se hy wil nie onnodig skade maak nie.
So vir nou moet ons wag tot my siklus terug is... ek gaan die maand maar Staminogro en Inofolic drink. (Dit sus my gewete dat ons darem iets doen). Dan moet ek Dok oor 3 weke gaan sien dan sal ons 'n PVA bespreek.
Weereens dankie vir julle almal se omgee... julle is regtig soos engele wanneer mens dit die nodigste het.