× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #73149 by ChaNa
AI klippie ek is soooo jammer om dit te hoor.. ek weet nie wat om te se nie.
Beteken dit nou dat jy nie meer more die inseminasie gaan kry nie? Wat van al die geld wat julle spandeer het?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #73148 by Ansa_S
Ai Klippie ek wens ek was daar om jou 'n vet druk te gee!

Partykeer wonder mens hoeveel teleurstellings moet mens nog hanteer!

Hoop jul kan gou 'n antwoord kry!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #73143 by Driekie
Ai tog Klippie wat nou????

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #73140 by ella~bella
hallo julle!!!

hoe gaan dit met almal? ek het so baie om op te vang, julle moet maar se wat ek gemis het...

sorry julle, maar ek is sleg met die ding... julle praat ook so veel dat ek die storie verloor!!

Dassie, jy wou weet ons POA:
Dr het DH op 'n handvol aanvullings (anti-oksidante) gegee en ons gaan nou September-maand kyk of ons nie IVF kan doen nie. Maar ek is nogsteeds oortuig ons gaan voor dit swanger raak!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #73139 by Cornel
Hexy ~ naartjie wat hier is om te bly :laugh:

Ai Klippie wat is fout? :huh:

Wie kan vir my verduidelik hoe dit toets werk waar hulle kyk watse geslag dit is ~ Charlaine het gister daarvan gepraat,maar sy het my nooit geantw nie..... :dry:

Die internet sein is uiters aaklig vandag en o hel die tv sin ook! :angry:

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #73136 by klippie
...ergste van als, ek moet iets koop vir my goeie vriendin se baby shower more...so daar staan ek in WW, koop babaklere terwyl ek tjank omdat ek self die kan swanger raak nie. Jammer om te sê, maar ek het soveel haat in my hart gehad toe ek die goed koop, ek kry skaam! Ek het ook besluit om vir die voorsienbare toekoms nie meer babyshowers by te woon nie - ek sal ietsie koop en dit saamstuur. Op die oomblik is ek so verknog in my eie weemoed dat ek nie kan deel in iemand anders se vreugde nie. Ek weet dis baie selfsugtig, maar dis hoe ek voel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #73133 by Ansa_S
Ek sal maandag weer toets, sodat ek die ginekoloog kan bel.

Manlief het gevra of hy nie sommer vandag vroeg van die werk moet kom dat ons sommer gaan bloed trek en klaar kry nie, maar toe se ek nee my man.

Ek het nie eers seer boobs nie, net die steekpyne in my lieste en prikkels om my naeltjie, so ons sal maar sien wat dit is.

Driekie as ek nie weer normaal voel nie, moet dit asseblief met rede wees en vir 9 maande lank!

My geld is op jou Driekie en ANje!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account