× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 8 months ago #218711 by Hopeful
Halloo Julle,

Hoe gaan dit? Ek het nie veel om vandag te se nie loer net gou in. My Baas werk net half dag vandag so van 12uur is ek kattjie van die baan hier in die kantoor :P net bad dat ek nie kan huis toe is niks lus vir werk nie :( Maar wie worry dis Vrydag.

Snoekie ek is self al lekker ongeduldig vir die 31st. Voorspoed met more ek sal aan jou dink. Het jy al daai Glucophase thread gelees hier op moomie?

Zettie het jy al nuus het die manskaplike werker jou toe iets nuuts laat weet.

Anders as dit wens ek almal n lekker naweek toe en die wat moet BD geniet dit en die wat so still is kom loer in en vertell ons wat gaan aan by julle :)

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218705 by nadsmeiring
More Dames,

Baie dankie julle, ek voel vandag sommer stukke beter na ek julle almal so msg's gelees het. :)

Zettie - Ek het nog nie vir jou n antwoord nie, sy reply nie op my msg nie en antwoord ook nie haar foon nie, ek sal oor die naweek n draai gaan maak en vir jou als uitvind en jou dan laat weet.

Hexy - Sterkte met jou afspraak, kan nie wag om te hoor wat julle volgende stappie gaan wees nie.

Lekker daggie :silly: :woohoo:

Trying naturally for over 5 years.
Retroverted Uterus
June 2011 - Laparoscopy and Historoscopy
Trying naturally again for 6 months - NOTHING but BFN
Feb 2012 - 50mg Fertomid (2 nice follies) - BFN
March 2012 - 50 mg Fertomid (2 nice follies) - BFN
April 2012 - 50mg Fertomid and ovidrel (2 nice follies) - BFN
May 2012 - 50mg Fertomid, Menopur, Ovidrel and IUI - Praying for a BFP
14 May 2012 - 2 nice follies on left side, Ovidrel shot 8:00 pm and IUI scheduled for 16 May 2012 - BFN
June 2012 - 50mg Fertomid, Gonal-F and Ovidrel, IUI #2
14 June 2012 - IUI #2 - BFP 28 Junie 2012

[img]...[/img] Make a pregnancy...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218700 by Snoekie
Hexy,
Sterkte met jou afspraak einde van die maand! Laat weet wat gebeur het.

Lynkie,
Sterkte met die PVA. Ek moet bieg, ek sou ook noggal gewonder het oor die voorbehoedpille in die middel van TTC. Maar die dokter weet meet as ons. :P

AFM,
Ek gaan moere oggend 11:00 Gynie toe om te hoor wat die nuwe PVA is. Ek is nie meer op my senuwees nie, ek wil net he dit moet verby kom sodat ek kan weet wat volgende gaan gebeur. Sal laat weet wat hy se sodra ek klaar is.

Wel ek hoop almal het 'n wonderlikke daggie en naweek wat voorle!

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218698 by Snoekie
Hallo Dames,
Sjoe ek voel so sleg dat ek die laaste tyd so stil is... :blush: ... Maar ek het alml mooi dop gehou en gelees wat almal te se het.

Nads,
Baie welkom by ons ou groepie, en ek hoop jy vind dieselfde ondersteuning en vriendskap hier as wat ek het. Alml gesels baie lekker hier en pak sommer goed af by mekaar. As dit nie was vir die groepie dames nie dink ek ek sou lankal die plot verloor het :woohoo: :side: :silly: Sterkte met jou afspraak by die FS. Mag hy jou help om antwoorde te kry en sommer gou ook jou BFP!
Wat die onsensitiewiteit van mense betref. Ek is seker ons alml kan 'n storie of tien vertel oor dit. En dit maak baie seer.
Ek het ook soos Jooste eers sommer reguit gese: "Ons kan nie kinders he nie, enige ander onvanpaste vrae?"
Maar toe dink ek, ek is besig om die aakligste ding oor my eie lewe te spreek. Nou se ek: " Wanneer die Liewe Vader besluit die tyd is reg om ons met een te seen.
Ek glo daar is krag in ons woorde...

Hopeful,
Ai, My liewe liefste mensie, ek is skoon ongeduldig van opgewondenheid vir julle. Die 31'ste moet nou vinnig kom!!!
Zettie,
Sjoe, ek is ook vreeslik opgewonde vir julle. Jy moet ons op hoogte hou oor wat alles gebeur.

Kan nou nie mooi onthou waar almal anders is nie. Sal eers weer moet gaan loer, HEHE.

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218692 by Lynkie
Hallo julle,

Darem is dit Vrydag!!!! :woohoo:

Hexy, bly om te hoor jy't 'n afspraak! Sterkte, hoop jy kry antwoorde.

Feetjie, jy slaan die spyker so op sy kop met wat jy sê.

Hopeful, Zettie - So opgewonde vir julle en ek hoop dat alles vinnig en glad sa verloop.

Klippie, ek voel sommer meer gerus om te lees dat jy op dieselfde behandeling was vir die sist, dis nie dat ek nie die Dr. vertrou nie (hy't alles mooi verduidelik), maar ek het gedink ek TTC en dan moet ek voorbehoedpille gebruik :huh:

Nads, ek weet mense kan soms so onsensitief wees en ek voel ook soms dat hulle opsetlik is en wil seer maak, maar ek glo dat "what comes around goes around". Ek wens niemand ooit ongeluk of hartseer toe nie - "maar wat jy saai sal jy maai".


Hi Jooste, Ruby, Blommie, Snoekie ....wat's nuus?

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218679 by joo~ste
Hexy:
Bly oor jou afspraak!

Ja, julle - ek is deesdae regtig super versigtig oor hierdie fertiliteits situasie waarin ons onsself bevind. Ek sal NOOIT ooit weer vir iemand vra wanneer hulle begin met 'n gesin of selfs as die ouers 'n kleuter het iets se soos: Nou wanneer kom die boetie of sussie nie? Mens se dit mos sonder om te dink en besef nie eens wat elke persoon se werklikheid is nie. Ek hanteer dit nou al effe beter as iemand ons vra. Ek trek my skouers terug en se:
- Alles op sy tyd.

Ek het eers gese: Nee, wat...ons wil nie nou al begin met 'n gesin nie. Maar toe begin ek dink dat my woorde dalk my hele liggaam dit ook so laat glo. So...nou is dit my nuwe antwoord en ek glo daarin.

Hi Feetjie!!

Hopeful / Zettie: Ek is so opgewonde om te hoor hoe julle prosesse vorder. Hou ons op hoogte! Ons bid saam dat die regte babatjie sal kom!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218678 by Feetjie
middag julle almal,,,

Hexy so bly jyt afspraak, laat weet asb hoor. Ekke het net nou baie aan jou gedink. Sjoe die wereld is klein. Op facebook ken 1 van my vriende daardie vroutjie waarvan jy nou die dag vertel het wat in ongeluk was met kids en man wat oorlede is, hul het net gevra om asb vir haar te bid, want hul gaan haar vandag vertel. Sjoe - ek wil nie eens begin om te dink waardeer daardie arme mensie gaan nie.

Hopeful en Zettie ek regtig so opgewonde vir jul part ivm aanneming, mag alles vinnig uitwerk vir julle!!

Nadsme.... ek stem saam Jooste Nads is net soveel korterk ;-), toe ek nou weer jou verhaal lees oor vriende toe besef ek net weer, dis dalk hoekom hier so forum is, dat mens soms net dinge van mens se gemoed kan afkry en dinge deel wat ander net nie verstaan, ons almal hier dink ek het intense begrip van als rakende fertiliteit, en Hopeful, jy is so reg, partykeer voel dit vir my ook kan niemand net "n klein bietjie meer konsiderend wees nie. Maar ek dink eks besig om tot besef te kom, elkeen van ons hier funksioneer hier in baie groter prentjie as wat ons besef. In my alledaagse lewe by werk en huis en orals, voel dit of niemand dalk "verstaan" wat ek elke dag in my lewe deurgaan nie en ook soveel ander vroutjies nie, dis hoekom dit so lekker is om hier te lees, soveel van jul dink ook soms soos ek, voel ook soms soos ek en ons is nie besig om crazy te raak nie, ons almal net in so "moeilike" situasie. (as dit die regte woord is, sjoe ek kan boek skryf oor hoe dankbaar ek vir elkeen van jul is. wat soms sonder dat ek iets ooit hier se net my laat besef, eks nie alleen nie, jul is ook hier en ONS gaan okay wees. Jesus het plan met ons lewe, ons moet net daarin glo!!

sterkte met vriende Nads, dis so hartseer as vriende se paadjies skei, en om nou nog so sms"ie te kry, ai ja jai!! dis niks lekker.

Ruby jy's ook doodreg oor ander se seer, wat hul dan net op ander wil projekteer. Hoe gaan met jou???

Jooste en Klip, sterkte met jul werk wat so besig is.

Lekker aandjie en jipppeeeee more is vrydag!!!!!!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account