× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 8 months ago #218623 by CheriseF
More dames,


Feetjie - lekker om van jou te hoor.

Hexy - sterkte daar!

Lynkie - wat het gister gebeur by Dr Strikdas? wat is die PVA

Nadsmeiring - BAIE WELKOM :) ek is een van Dr Pentz se pasiente. Ek was eers by 'n ander FS maar ek het gevoel ek draai in sirkels.

Jy sal sien ons noem hom Dr. Strikdas hier op die thread ;)

Hy is 'n wonderlike dokter en ek is seker hy sal sommer gou gou kan help. Hy kom tot op die punt van jou probleem en probeer jou so gou moontlik help. Ek maak gewoonlik 'n lysie van goed wat ek wil vra as ek hom gaan sien incase ek iets vergeet. Wanneer is jou afspraak? jy moet kom update hoor!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218621 by sexy~hexy
More almal

Darem al Donderdag...en laaste werksdaggie vir my...ek het more verlof ingesit. Ek gaan Jayden laat toets by die arbeidsterapeut...en Maandag het ons by die werk weer 'n kursus...so ek gaan eers weer Dinsdag saam met julle gesels!!

Vir die wat nog nie gelees het nie....Beertjie het haar babatjie verloor op 20 weke - sy het gepost of Facebook. Soos wat ek verstaan moes sy ook geboorte gee (nes ek)...so ek vermoed maar half en half sy het gegaan vir haar 20weke sonar en toe het hulle opgetel die baba het nie meer 'n hartkloppie nie....Dit is regtig so hartseer...mens dink altyd wanneer 12weke verby is is die "gevaar" periode verby.....

Nads...welkom hier by die groepie...Hier gaan jy sommer gou vriendinne maak - FOR LIFE - en baie antwoorde op jou vrae kry :) Wanneer is jou afspraak by Dr P?

Lynkie....hoe was jou afspraak gewees by Dr P...wag vir jou update!!!

Ai julle...ek voel sommer al weer down....my pa se verjaarsdag is Sondag....en dan nou nog die moeilikheid/drama met Jayden se skoolgoed.....

Ek wil regtig he 2012 moet 'n positiewe jaar vir ons as gesin wees....maar as dinge eers so begin :unsure:

Anyway....lekker daggie vir julle....gesels later weer!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218611 by nadsmeiring
Hi Feetjie,
Baie dankie vir die vriendelike verwelkoming en advies! Ek het geen spesifieke rede dat ek besluit het op Dr P nie,just going with my gut feeling! Ek het nog geen IUI of IVF gehad nie,ek en DH het gedink om eers te hoor wat se FS en dan as hy se dis reg sal ons eers 2 x IUI's probeer,maar hopenlik werk dit die 1ste keer!
Ons is nou al moeg gewag en hoop en bid dat die Here ons die jaar sal seun met n pragtige en gesonde ou babatjie!
Dis nou tyd vir my om bq ogies toe te maak,sal weer more gesles.
Lekker aand julle,soet drome vir julle almal!

Trying naturally for over 5 years.
Retroverted Uterus
June 2011 - Laparoscopy and Historoscopy
Trying naturally again for 6 months - NOTHING but BFN
Feb 2012 - 50mg Fertomid (2 nice follies) - BFN
March 2012 - 50 mg Fertomid (2 nice follies) - BFN
April 2012 - 50mg Fertomid and ovidrel (2 nice follies) - BFN
May 2012 - 50mg Fertomid, Menopur, Ovidrel and IUI - Praying for a BFP
14 May 2012 - 2 nice follies on left side, Ovidrel shot 8:00 pm and IUI scheduled for 16 May 2012 - BFN
June 2012 - 50mg Fertomid, Gonal-F and Ovidrel, IUI #2
14 June 2012 - IUI #2 - BFP 28 Junie 2012

[img]...[/img] Make a pregnancy...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218605 by Feetjie
goeie naand al jul pragtige dames

Klippie ekke stem 300% saam, daar is niks beter naas "gesnyde" brood as "oorsee" nie.
Ruby jul gaan so geniet,, hou net vlugte dop en jy gaan nog groot 'bargain" ook kry, jy sal verbaas wees hoe goedkoop mens partykeer wegkom. Ek het vir my en dh net vakansietjie gesoek vir begin januarie en elke liewe keer staan ek verstom dat ons "oorsee" se vakansie my ampertjies dieselfde uitwerk as "n plaaslike vakansie. gaan en gaan groot!! jy gaan dit so geniet!!

Klippie wanneer het jy weer bietjie vakansie beplanning????

Jooste -- hi vriendin,, jammer om te hoor jy so besig by werk hoop dit sommer gou rustiger.

Zettie - sjoe die polis info was interessant vir my ook. STerkte vir jou wat voorle en baie geluk met die gewig.

Hexy - Sjoe, dis baie tragies wat als op jul dorpie gebeur het. en veral so aan begin van jaar, is nie lekker nie ne. Hexy ekke verstaan werklik wat jy se oor afstand met fs en als, dit bly altyd soveel beplanning, reelings en petrol, sien nou op nuus petrol weer met 30c op!! dit klink of jy fietsry baie geniet, ek baie trots op jou!

ciska - sterkte met jaar!!

Hi Hopeful - ek dink baie aan jou ook met al jul dingetjies, sterkte met 31 maar weet sommer dit gaan goed afloop.

Welkom Nadsmeiring, Ek weet jy gaan sommer lekker gesels met al die girls hier, eks maar 1 van die "stiller girls" hier,,,,! Sjoe my hartjie gaan uit na jou 5 jaar so lank. Ek en dh is nou so 3 jaar ernstige "besig" maar al 7 jaar getroud, sien fsS'e neem dit partykeer ook in ag :-). DIeselfde storie by ons. als 100% unexplained infertility. Ek was al by 2 verskillende fs'se. Dr Pentz was my laaste fs. eks oortuig daarvan hy gaan vir jou sommer baie antwoorde en hulp he. Hy is werklik baie goeie dr. Jy se nie of jul dalk al iui of ivf gehad het nie. my persoonlike opinie is: ek dink hy sal dalk weer lap wil doen om "self te kyk" (my dr se altyd elke fs hou maar daarvan om self te kyk". Dan dink ek sal hy verseker vir jou medikasie gee, pilletjies en of inspytings wat gepaard sal gaan met iui of dan ivf.
Lees asb wat al die ander girls se oor iui en ivf, partykeer is dit beter om eerder geldjies te spaar en direk vir ivf te gaan. Dr Pentz het vir my ivf voorgestel want hy se dan kan mens baie "meer sien" wat aangaan wat mens nie daarsonder kan sien nie. dit gee baie meer antwoorde en baie beter resultate. Maar hierdie hele onverklaarbare ding is maar baie "ingewikkeld" elke situasie verskil so baie en daar is ook soveel moontlikhede. Baie sterkte met jou dr's afspraak ek hoop dat jul sommer al die antwoorde sal kry en natuurlik "n positiewe uitslag. sterkte. vra gerus a ek dalk nog iets vir jou mee kan help.

Dames, lekker aandjie verder. more darem al donderdag. Jippeeeeeee!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218604 by nadsmeiring
Hallo julle, ek is nuut op die forum en soek net bietjie raad. Ek en my man is al 5 jaar op die TTC journey en nogsteeds no luck! Ek het al lap en hist gedoen en hulle kon niks fout vind nie en hubby se sperm is ook getoets en hulle se als is normaal. So natuurlik se my gynae UNEXPLAINED INFERTILITY!!

Ek het n afspraak by Dr Pentz vir 31 Jan en wil graag hoor wat dink julle van hom, enige iemand met n success story wat by hom was, en wat dink julle gaan hy se sal ons volgende stappie wees.

Enige advies sal opreg waardeer word.

Groete :cry:

Trying naturally for over 5 years.
Retroverted Uterus
June 2011 - Laparoscopy and Historoscopy
Trying naturally again for 6 months - NOTHING but BFN
Feb 2012 - 50mg Fertomid (2 nice follies) - BFN
March 2012 - 50 mg Fertomid (2 nice follies) - BFN
April 2012 - 50mg Fertomid and ovidrel (2 nice follies) - BFN
May 2012 - 50mg Fertomid, Menopur, Ovidrel and IUI - Praying for a BFP
14 May 2012 - 2 nice follies on left side, Ovidrel shot 8:00 pm and IUI scheduled for 16 May 2012 - BFN
June 2012 - 50mg Fertomid, Gonal-F and Ovidrel, IUI #2
14 June 2012 - IUI #2 - BFP 28 Junie 2012

[img]...[/img] Make a pregnancy...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218597 by Rakker
Wil net gou vir Zettie iets kom post:

www.businessweek.com/lifestyle/content/healthday/641885.html

My skoonsus het 'n miskraam met 'n tweeling gehad en hulle het dadelik weer probeer (wat kritiek van sekere mense gelok het). Sy het baie vinnig swanger geraak en ek glo die swangerskap het haar so bietjie gehelp om die miskraam te verwerk. En die swangerskap was komplikasievry en die dogtertjie is vandag al 'n tiener.

Alexander (the Great) born 17 Feb 2009, now a little man:-)

Cherise born 20 April 2011, mommy's little angel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218595 by zettie
Cisca hier is interresante feit.

My lewens polis betaal R500 000.00 uit as jy etopiese swangerskap gehad het.
Jy het mos een gehad ????? Jy moet kyk of jou lewens polis dalk so afdeling het Female benefit.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account