My vergadering is uitgestel met 'n uur, so ek wil gou vir julle vertel van gister se afspraak by Dr. Strikdas.
Gelukkig is 'n Lap nie nodig nie, die sonar wys ek het'n sist so ons kan geen fertiliteitsbehandeling doen met hierdie siklus nie. Dok het my op Femodene ('n voorbehoedpilletijie) geplaas, maar ek drink net die klein pilletjies vir 21 dae dan sal die sist al verdwyn het en AF behoort dan te begin. So ek het hierdie maand 'n korter siklus van net 21 dae.
Hy't voorgestel dat ons 'n iui met die volgende siklus doen. Ek wou sommer direk oorgaan en IVF doen, maar hy sê ek's 'n goeie kandidaat om iui eers te probeer omdat ek al voorheen swanger geraak het en ook omdat ek so 'n goeie reaksie op die vorige behandeling getoon het. Sy ander rede was ook dat IUI goedkoper is as IVF, en dalk werk dit vir my. So ons het nog nie finaal besluit oor watter opsie om te doen nie, want dok het gesê hy wil eer weer my geval ondersoek en 'n bietjie daaroor dink.
So ek's baie opgewonde oor die volgende siklus.
Welkom Nadsmeiring ek hoop ons dok kan jou help, het nog nie 'n sukses storie nie, maar ek hoop om spoedig een te hê.
Hallo al die ander dames, sal later weer kom chat. Lekker dag!